HTS Middelburg begin seisoen op hoë rooi noot!
HTS Middelburg het die seisoen op ’n hoë noot begin deur bykans al hul wedstryde teen Die Anker van Brakpan te wen!
Die skool het Saterdag ’n pragdag aangebied met die ‘rooi mannetjies’ wat saam met die graad agt leerlinge opstote gedoen het, elke keer as die eerstes punte aangeteken het.
Van die opdraf af, was die ondersteuning voelbaar, nadat bykans die hele skool eers ’n erewag gestaan het vir die eerstes om op te draf.
Aanvanklik het dit gelyk asof die Rooies en Die Anker se manne ’n gelykopstryd gaan hê toe beide gaan druk en verdoel het.
Met die telling op 14-7 in HTS Middelburg se guns, moes almal pawiljoene toe draf toe die weerlig geniepsig in die lug gespeel het.
Dit het die Rooi Bulle ’n tweede asem laat skep, want hulle keer met nuwe krag terug om Die Anker nie eers een kans te gee vir punte nie en wen die wedstryd met 30-7.
• Daar is selfs halftyd vir die ondersteuners vermaak aangebied met hul Pom-Pom dogters wat ’n spesiale dans op die rugbyveld aangebied het.
@middelburgobserver Rugby is terug! HTS Middelburg pak Die Anker tuis #middelburg #htsmiddelburg #rugby #schoolrugby #skoolrugby