News

Geveerde ‘maatjie’ word Koedoekop

Laerskool Middelburg het nie net Koedoekopmaatjies Woensdagoggend verwelkom nie, maar ’n geveerde vriendjie het ook op die skoolterrein rondgedwaal.

’n Middelburg Observer joernalis het agter hom aangedraf om te hoor in watter klas hy is.

Hy het egter net een kyk in haar rigting gegee, gekraai dat hy te veel sukkel om die vetkryte vas te hou en koers gekies speelgronde toe.

Volgens hom is die graad een’s van die skool baie slimmer as hy en dat hy net één vak geniet en dit is pouse, wanneer hy die toebroodjiekrummels saam met hulle kan geniet!

@middelburgobserver

Laerskool Middelburg het ‘n baie interessante graad een “maatjie” by die skool. Ons verneem sy naam is KFC! #firstdayofschool #chicken

♬ Royal Fanfare The Entrance of The King – Rafael Krux

Back to top button