News

‘Parmantige’ slang pik slangvanger twee keer

’n Lid van die herpetologiese vereniging is vanoggend twee keer deur ’n slang gepik.

Die parmantige bruin huisslang is by die 1 Pet 2 Many Troeteldierwinkel by Amora Dierepark gevang.

Die eienaar van die troeteldierwinkel, Theresa Kruger, het die slang ingevleg by een van haar voëltjiehokke gekry.
Met ’n braaitang het sy die slang by ’n emmer ingehelp en die Middelburg Herpetologiese Vereniging (wat deel is van die LimPuma Herpetologiese Vereniging) is gekontak.

Mark Salzwedel (ondervoorsitter, Middelburg Herpetologiese Vereniging) het die slang gaan haal en sê dat die “parmantige slangetjie my twee keer gepik het!”

Theresa Kruger (eienaar, 1 Pet 2 Many) het die slang by ’n emmer ingehelp en die Middelburg Herpetologiese Vereniging gebel, wat die slang verwyder het.

Mark sê ’n bruin huisslang is nie giftig nie, maar dat hy darem elke vyf jaar voorkomend gaan vir ’n Tetanus (klem-in die-kaak) inspuiting, omdat hy self ook slange het en hy al ’n slag of wat deur een van hulle gepik is.

Hy het reeds die slang, wat sowat 900mm lank was, in die omgewing by ’n spruit, wat nie naby mense is nie, gaan loslaat.

• Daar word ’n beroep op mense gedoen om nie slange voor die voet af te maai nie, maar eerder die herpetologiese vereniging te kontak om die slange te verwyder.

Bel Mark by 082 898 5242 of Victor Boshoff (voorsitter) by 082 697 9954.

@middelburgobserver

A Brown House Snake was captured and released after being caught at the 1 Pet 2 Many Petshop by Amora Animal Park. #middelburg #mpumalanga #southafrica #snakes #brownhousesnake

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Check Also
Close
Back to top button