News

Woef se kos nie eers meer veilig nie

Voordat jy die alarm vanaand aanskakel en sorg dat die alarmogies werk, maak eers seker dat woef se kos en sy kosbak veilig is.

Nie eers jou hond se kos word deur die dorp se diewe ontsien nie.

’n Vrou in Kanonkop het videomateriaal beskikbaar gestel, van ’n dief wat by hulle erf in Koedoestraat ingaan en hondekos steel.
Die vrou, wat anoniem wil bly, vrees dat hulle straat “gemerk” is en wil graag ander inwoners waarsku.

Die dief het helder oor dag by hulle erf ingegaan en hulle honde se voerbak en kos gesteel.

“Dis vir my vreemd dat hulle die hondekos gesteel het en mens wonder wat hy daarmee gaan maak?”

Die gesin het onlangs CCTV-kameras laat installeer en die dief is daarop vasgevang.

Wat haar die meeste ontstel is hoe gemaklik die dief in die erf rondloop.

“Dis vir my amper as of hy weet niemand is tuis nie soos hy doodluiters rondstap.”

Die gesin het egter eers besef dat hulle besteel is nadat hulle gesoek het na die hondekos en dit nie kon kry nie.

Hoewel die dief gelukkig net met hondekos weggekom het, is dit die bakstene wat sy vanoggend opgemerk het, wat haar die meeste pla.

“Daar is al voorheen huise in ons straat gemerk met koeldrankbottels.”

Sy het vertel dat die ry bakstene met een bo-op net te vreemd gepak is om toevallig te wees.

“Ek dink net die stene is ’n teken dat hulle weer gaan toeslaan.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button