News

Geliefde paramedikus sterf terwyl hy aan diens is

Die geliefde paramedikus, Henk Pienaar, is vanoggend in die vroeë oggendure by die Provinsiale Ambulansdienste se perseel in Beyers Naudestraat oorlede.

Hy het nog kort na middernag hulp verleen as paramedikus by ’n ongelukstoneel.

Henk was welbekend en geliefd in Middelburg waar hy ’n bekende gesig was by die noodhulp gazebo’s tydens sportbyeenkomste.
Hy was ook een van die paramedikuste wat diens gedoen het tydens die derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg.

Geliefde ambulansman en paramedikus, Henk Pienaar, was ’n groot steunpilaar in die gemeenskap en vriend van die Middelburg Observer. Hy staan hier met Tobie van den Bergh van die koerant en gesels tydens die jaarlikse derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg. FOTO: Franzette van Niekerk.

• Ons as joernaliste sal ook vir Henk met ’n warm hart onthou wat ons met respek behandel het en altyd gereed was met ’n grappie as ons hom langs die rugbyvelde raakgeloop het.

Back to top button