News

Stiaan se nuutste album hier vrygestel

Die bekende sanger, Stiaan Reynierse, stel op 28 Oktober sy nuutste album, "Iewers in Afrika" in sy tuisdorp by Rustique Boutique Hotel vry.

Hy gaan die verhoog deel met bekendes soos die musikant, musiekvervaardiger en rocker, Theo Crous, van die Springbok Nude Girls.
Ander meester musikante wat te siene sal wees is Theo Klassen en Jason Moser.

Musiekliefhebbers sê dat “Middelburg uit sy fondamente geskud gaan word” met dié vertoning.
Die gewilde “Vrede Official” sal die aand open.

Die groep, “Vrede Official” wat die aand sal open.

Die res van die nuwe snitte op Stiaan se splinternuwe album is uit verskillende genres en mense kan nie bekostig om dit te mis nie.

Kaartjies beloop R400 per persoon en deure open om 18:00.

Vir navrae en besprekings, bel Rustique Boutique Hotel by 013 813 1451.

@middelburgobserver

Stiaan se nuutste album hier vrygestel!

♬ original sound – MiddelburgObserver

Back to top button