Crime

Opvolg: Vrieskasmoorde wéér uitgestel

Die vrieskasmoordverhoor teen drie mans, Bongani Joseph Ncongwane (23), Irvin Brown Nkosi (19) en Sibusiso Charles Sibanyoni (27), wat van die moorde van mnr. Koffie en mev. Elna van Heerden aangekla word, is tot 9 September 2014 uitgestel, nadat Sibanyoni se advokaat onttrek het.

Donderdag se stolling van verrigtinge volg op die hakke van die vroeëre ontrekking van Ncongwane se regsverteenwoordiger om etiese redes, en waar uitstel ook verleen is.

Ncongwane se eerste advokaat het onttrek nadat hy sy pleit van skuldig na onskuldig, weens druk van sy medebeskuldigdes, verander het.

Hy het kort voordat die laaste uitstel verleen is, bloedstollende getuienis gelewer oor die aand van 8 en 9 Januarie 2013, waartydens die bejaarde egpaar aangerand, verwurg en in ‘n vrieskas by hul huis in Fitzgeraldstraat gegooi is.

Irvin Brown Nkosi (19).
Irvin Brown Nkosi (19).

Ncongwane het getuig dat hulle op aandrang van Nkosi, wat bekend was aan die egpaar, na die huis is.

Beide bejaardes het volgens sy getuienis versmoor in die vrieskas omdat albei volgens hom, nog geleef het toe hulle gevlug het.

Redes vir Sibanyoni se advokaat se onttrekking, is nie aan die hof voorgehou nie en die saak sal weer op 9 November in die hooggeregshof hervat.

Al drie bly in aanhouding.

Sibusiso Charles Sibanyoni (27).
Sibusiso Charles Sibanyoni (27).

Back to top button