News

Vrou glo bygedam in padwoede voorval by Laerskool

’n Voorval van padwoede het vanmiddag buite Laerskool Middelburg plaasgevind.

’n Video wat tans die rondte doen, wys hoe ’n jong man deur ’n groep forsgeboude mans in ’n bakkie gedruk word, nadat hy na bewering ’n vrou aangerand het.

Beide partye, asook ’n ooggetuie, het die volgende weergawes gedeel:

• Die jong man wat van aanranding beskuldig word, se identiteit word tans weerhou.

Sy ma sê dat haar seun sy sussie by die skool gaan haal het, toe ’n vroue motoris (me. Reinette van Dyk) in die pad gestop het. Hy het sy toeter geblaas en toe uitgeklim en na haar gestap.

Die ma sê dat haar seun “vir die vrou gesê het sy is selfsugtig, en het gevra of sy nie kan parkeer, sodat ander mense ook hulle kinders kan oplaai nie.”
Die volgende oomblik is hy deur ’n groep mans oorweld en in sy bakkie gedruk. Hy is ook gedreig.

Die jong motoris ontken dat hy die vrou geklap of op enige ander wyse aangerand het en is bereid om ’n leuenverklikkertoets af te lê.

“Ek vertsaan nie hoekom sy vir almal vertel dat hy haar geklap het nie. My seun sal nooit aan ’n vrou klap nie… ook nie aan ’n man nie.”

Die gesin is toe na die polisiestasie om ’n verklaring af te lê, omdat hy dreigemente ontvang het.

• ’n Ooggetuie, mnr. Willem van den Berg, sê “ek was daar om my kinders op te laai, en het gesien hoe die vrou (Reinette) in die pad stilstaan om by Laerskool Middelburg se hek in te draai. Daar was baie karre en sy kon nie inry nie.

Die jong man was agter haar, en het aanhoudend op sy toeter gelê. Ander karre het om haar gery, maar hy het bly toeter blaas. Hy het toe by die bakkie uitgeklim. Hy het haar deur die venster bygedam. Hy het haar bril van haar gesig af gegryp, die rooi hale was sigbaar.

Daarna het ’n klomp mans hom gegryp, terug in sy kar geboender en tereggewys “hy slaan nie aan ’n vrou nie.”

“Ons het ook vir hom gesê hy beter ry.”

•Reinette se eggenoot, Stoof, sê dat hy en Reinette dadelik polisiestasie toe gegaan het om ’n saak te open. Maar dat die polisie hom afgeraai het “omdat die saak waarskynlik uitgegooi sal word.”

Hy is daarna huistoe en het probeer om die ouers van die jong man te kontak, maar hy beweer hulle het geweier om met hom te praat. Hy het terug gegaan polisiestasie toe, en het gesien die jong motoris en sy ma is ook daar.

“Dis mos tipies van ryk mense, ek en my vrou word afgeraai, maar toe ons by die polisiestasie opdaag, word hulle by ’n kantoor ingelei om hulle kant van die saak te stel. Daai jong man mag maar ontken dat hy aan my vrou geklap het, ons het baie ooggetuies wat bereid is om ons kant van die saak te bevestig.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button