News

Jeandre en die skildery van Jesus

Jeandre du Toit het vir twee weke elke oggend net na sewe uur by die voordeur gewag. Hy het gevra vir ’n koppie koffie en om sy ma te bel.

Terwyl daar voort gewerk is, het hy op die mat gesit.
Net daar gesit en so nou en dan iets oor sy lewe vertel.

Jeandre was die dwelmverslaafde wat mense in Walter Sisulustraat geskok het, deur die heroïnenaald voor hulle in sy arm te druk.

Jeandre besig om homself in te spuit.

Hoogs intelligent, met die gelaatstrekke van ’n sepiester, was dit hartverskeurend om te sien hoe die dwelms besig was om hom te vernietig.

Jeandre se ma het www.mobserver.co.za se lesers ook aan die hart gegryp met ’n briefie oor haar seun, nadat sy dwelmspuitery aan die lig gekom het.

Sy het geskryf:

Can I give you some feedback?

Drug addiction is a horrible disease, it is not your friend, it destroys you, no matter your social status, colour or religion.

Jeandre has a very good heart, you will even be surprised to know he studied the Bible and almost completed his degree as a pastor.

A smarter and brilliant salesperson you will not find.
He is even a qualified florist…

Unfortunately, he is so lost, and has a deep sadness, that people do not know about…and he gave up on life.
His journey of addiction has brought him to the streets of Middelburg.

To love an addict… is to run out of tears.

To save an addict, is one of the most painful things in life.

If you are lucky, the addict will recover and if you are lucky enough, you as the supporter, might also recover.
I pray your article will touch someone’ s heart.

Thank you for not painting Jeandre in a bad way… hopefully, this might just save someone else’s life, if not his.

I know this…
because I’m his mom…

Een oggend het hy vir die beertjies sit en kyk wat Lente Steenkamp twee jaar gelede na die redaksiekanoor gebring het.
Hy het lank na die een spesifieke beertjie gekyk en gevra of hy hom nie kan kry nie.

Jeandre het ingestem dat ek ’n foto neem.

Hy met sy beertjie en in die agtergrond ’n skildery van Fransie Venter.
’n Skildery waar Jesus vir Petrus uit die stormsee red…

En toe verdwyn Jeandre.

Dit is al twee maande maar hy is nog nie weer gesien nie.
Sy ma wou nie oor haar seun praat nie.

Nou wonder ons oor Jeandre.

Of hy nog in die storm is?

Lewe hy nog?

Is hy elders op straat?

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button