News

eMalahleni die stok in spluma-modderpoel

Die munisipaliteit het ampertjies die wol oor Middelburg se oë getrek met sy rugryery op eMalahleni se spluma-wa.

Met die munisipaliteit se stilswye oor voortslepende spluma-hofdramas, wat nou dreig om in die konstitusionele hof te draai, speel Steve Tshwete steeds kat-en-muis met die plaaslike eiendomsmark.

As respondent in die aanvanklike hooggeregshofsaak waarin sekere seksies van Middelburg, Secunda en eMalahleni se spluma-bywette ongeldig verklaar is, hou ’n moontlike konstitusionele hofuitspraak op verdere appèl, die gevaar in dat die munisipaliteit bloot kan terugkeer na die aanvanklike bywette wat uitklarsingsertifikate vir eiendomstransaksies vereis.

Middelburg het aanvanklik sy hoed saam met Secunda en eMalahleni in die bokskryt gegooi, nadat Glencore, Duiker Mining, Tavistock, Uncebo Eiendomme en Izimbiwa Coal, die hooggeregshof genader het om sekere seksies van die munisipaliteite se spluma-bywette ongeldig te laat verklaar.

Die Gautengse Hooggeregshof het in die besighede se guns beslis en Secunda en eMalahleni is appèlhof toe.

’n Volbank regters van die appèlhof het op 17 Junie vanjaar weer teen die munisipaliteite beslis, en die hooggeregshof uitspraak bekragtig.

eMalahleni wil hom nou tot die konstitusionele hof wend, met verdere aansoek om verlof tot appèl binne 30-dae van die appèlhof uitspraak.

’n Konstitusionele hofuitspraak in eMalahleni se guns, sal die deure vir beide Middelburg en Secunda oopmaak, om die aanvanklike bywette weer in te stel.

Steve Tshwete het egter reeds aan die aktekantoor geskryf om uitklaringsertifikate in plaaslike eiendomstransaksies te skrap, hangende eMalahleni se aansoek om verdere appèl. Plaaslike regslui sit op hete kole vir die beslissing en wag.

Volgens ’n plaaslike prokureur is sukses by die konstitusionele hof egter skraal, nadat twee opperhowe reeds tot die slotsom gekom het dat nasionale spluma wetgewing nie vir munisipaliteite die reg gee om bykomende regulasies in te stel, om die oordrag van eiendomme, vir ekstra munisipale inkomste, te striem nie.

eMalahleni Munisipaliteit het reeds skriftelik aan plaaslike rolspelers in die eiendomsmark bevestig dat die aansoek voor 8 Julie geliasseer sou word.

Ka-Mbonane Prokureurs, wat namens eMalahleni optree in die saak, het bevestig dat Glencore en andere, tot 18 Julie toe kans het om die aansoek te opponeer.
Indien eMalahleni se aansoek geweier word, is dit finaal “koebaai” met uitklaringsertifikate.

Spluma-bywette is nog net in Mpumalanga ingestel met Middelburg as lakmoestoets.

Intussen sit die ander agt provinsies, wat al minder besigheid in Mpumalanga kom doen het weens die bywette se inperkings, en wag vir ’n finale hofpresedent, wat hulle bywette sal help reguleer.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button