News

Haweloosheid bereik krisispunt

Met winter se koms, soek haweloses tot langs huise in woongebiede skuiling.

Klip-, Cowen Ntuli-, Walter Sisulu- en OR Tambostraat is veral gunsteling slaapplekke.

Talle besigheidseienaars en inwoners het hulle kommer uitgespreek oor die tente, wat hoofsaaklik bestaan uit herwinbare materiaal, wat teen deure en ingange opgeslaan word.

Al meer vullishope word langs die skuilings gesien.

Nie-winsgewende organisasies het bevestig dat haweloosieid op Middelburg, hierdie jaar so geweldig toegeneem het, dat hulle nie kan byhou met klere, komberse en maaltye nie.

Www.mobserver.co.za het Dinsdagoggend in Klipstraat, ’n video geneem van die ry tente wat nou al in woongebiede gesien kan word en later vir die haweloses kos gevat.

Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button