News

Nog ’n man oorleef trompop botsing met trok!

Binne die bestek van drie weke het twee mans wonderbaarlik trompop ongelukke met trokke oorleef.

Gisteraand omstreeks 21:30 het ’n man uit ’n Haval voertuig geklim, nadat hy trompop met ’n trok gebots het op die ou Middelburg/Witbankpad.

Die ongeluk het kort voor 21:30, sowat sewe kilometer buite die dorp, naby die myn plaasgevind.
Daar word verneem dat die bestuurder van die Haval met ’n privaat voertuig hospitaal toe geneem is.

•Op 8 Junie het ’n man lewend uit ’n 2.8 Legend Hilux bakkie geklim, nadat hy trompop met ’n trok gebots het op die N11 (Loskopdampad) buite Middelburg.

Die bakkie het op die toneel uitgebrand.

Lees ook: Wonderbaarlik uit brandende bakkie

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button