News

Parkinsons-lyer sterf aaklig

Die familie van 'n Parkinsons-lyer wat Maandag in die Middelburg Hospitaal oorlede is, sê die dokter en verpleegpersoneel het hom weens honger en dors laat sterf.

Me. Aletta van Dyk, van Nelspruit was kort voor ha pa Elmo se dood die week, erg bekommerd oor die behandeling, of gebrek daaraan, wat hy by die hospitaal ontvang het sedert sy opname op 1 Junie.

“My pa kon die dag nie uit die bed nie en ‘n ambulans is laat kom, maar by die hospitaal is hy gedwing om self uit te klim en moes van 06:00 tot na 23:00 wag om opgeneem te word.”

Die dokter aan diens het bloed laat trek en ‘n breinskandering aangevra omdat hy volgens me. Van Dyk oortuig was daar is breinbloeding.

Lyk of iemand by die Middelburg Hospitaal darrem lekker geëet het, en dit was beslis nie ’n pasiënt nie.
Lyk of iemand by die Middelburg Hospitaal darrem lekker geëet het, en dit was beslis nie ’n pasiënt nie.

“Nietemin is die skandering eers op 12 Junie gedoen, sy kritieke toestand ten spyt,” sê sy oor die “die dokter wat die naweek nêrens te vinde was nie want dis mos weekend en holiday,” rol sy die traak-my-nie-agtige susters se woorde op haar tong.

Twee weke voor mnr. Van Dyk se opname het hy reeds gesukkel om te eet en bloederige sere in sy mond ontwikkel en me. Van Dyk sê dat haar pa geen, “nie eens sy normale Parkinsons mediaksie of pynmediaksie, ontvang het nie”.

Na die skandering is mnr. Van Dyk met dementia gediagnoseer en daar is aan die familie verduidelik dat sy roggel ‘n stadium van die kondisie was – “maar dit was ‘n doodsroggel,” sê me. Van Dyk in retrospek.

Gemors lê oral rond by Middelburg Hospitaal.
Gemors lê oral rond by Middelburg Hospitaal.

Hy is nooit aarvoeding gegee nie en me. Van Dyk sê selfs toe slym by sy mond en neus uitgeborrel het ure voor sy dood, het personeel geweier om toiletpapier te bring “want hulle het nie”.

Familie moes toe noodgedwonge die lakens gebruik om hom skoon te vee.

“Gepraat van die lakens, my pa het na sy opname op die bed opgegooi en vyf dae later was die gemors nog net so op sy beddegoed,” kla me. Van Dyk waar pasiënte aan hulle genoem het “van hier af is dit die mortuary”.

Sy sê sy het nog nooit in haar lewe so iets ondraagliks beleef nie – “Middelburg Hospitaal is verskriklik, dis die vuilste, koudste plek waar geestesversteurdes vryelik tussen siekes in saal 15A rondloop”.

Die ergste is, die hospitaal kan nie vir die familie sê wanneer mnr. Van Dyk oorlede is nie. Hy is kort voor 20:00 die laaste maal besoek en die tyding is Dinsdag omstreeks 05:00 aan die familie deurgebel.

Sy liggaam is net so in die bed gelaat tot die ondernemer dit na 10:00 kon gaan haal.

“Sy dood spook by ons,” is al wat me. Van Dyk uitkry oor die onmenslike manier waarop haar pa beswyk het, “in pyn, met honger en dors, sonder enige bystand.”

Hy is elke dag deur sy broer, swaer en vrou besoek, maar hoe hoër hulle stemme verhef is oor die diens, hoe minder diens is aangebied.

Geld vir skoonmaak is daar nie by Middelburg Hospitaal.
Geld vir skoonmaak is daar nie by Middelburg Hospitaal.

“Hoeveel mense moet nog hierdeur gaan voordat die staat aanspreeklik gehou gaan word vir dié stadige moord,” vra sy.

•Dr Philemon Lethlalo, sê hy vind dit moeilik om te glo dat drie skofte se personeel almal hul rug op die pasiënt sou draai.

Hy het die familie genooi om hom te besoek sodat hy deeglik deur mnr. Van Dyk sê lêer met hulle kan werk en kan wys watter medikasie hy ontvang, en wanneer dit togedien is.

“Ek was persoonlik self deur saal 15A en B verlede Donderdag saam met die LUR vir gesondheid en die ander bestuurders van die hospitaal, en ons sou dadelik opgemerk het as mnr. Van Dyk nie menslik behandel is nie,” verseker dr Lethlalo.

19 Comments

  1. Middelburg hospitaal sy dokters en susters is pateties! Ek moes vir ‘n fmilie lid mesikasie,toiletpapier en komberse vat want hul het nie!die dr. Is kop in een mus saam die susters!2de geval- ‘N leerder in my klas se mamma en ongebore baba is dood, niemand kan sè hkm? Sy was gesond en het laas Woensdag vir my gesê sy gaan in hspt toe want dis op haar tyd om die baba te kry, nou is alby oorlede? Die 3de geval-ek moes vir kinders kos vat want hul pa moes 3mnde in die hospt wag om geopereer te word, en het toe sy werk verloor. Die pa se been was al septies na 3mnde (motor ongeluk)hkm nie die menslike ding doen en hom na ander hspt toe stuur, as hul nie kan help? Ook het voor die deur verot vleis gelë en hul sè die vleis is reg vir pasiente ,dis net ryp…

  2. Ek was self by Elmo vd Heever die Saterdag voor sy afsterwe, hy was ongelooflik dors. Die hele hospitaal was vuil, ek was in die gesig geklap deur n geesversteurde pasient, en daar het nog van hulle rond geloop in die saal asook in die gange. Ek het 3 maal per dag die hospitaal geskakel om te hoor hoe dit met Elmo gaan…..en elke dag het hy volgens hulle verbeter. Ek het nog nooit so vuil plek gesien nie. Hoekom betaal ons belasting ???????

  3. Elmo was my swaer. Ons gaan met die redakteur hieroor praat. Hierdie artikel is nie waar nie. Ja, dis hospitaal is vuil, oral is spinnerakke en die vloere, vensters en badkamers is nooit skoon gemaak nie. Maar Elmo se beddegoed was elke dag skoon. My swaer is dood aan dementia; nie honger en dors nie. Ons het die brein scan gesien en die dokter het moeite gedoen om alles aan ons te verduidelik. Ons het die heel tyd geweet hoe dit met hom gaan – sy dokter was ongelooflik behulpsaam en ordentlik. Dementia het sy stam brein aangetas. Die hospitaal se diens moet verbeter. En daar is geen verskoning vir vuil wees nie, veral nie in ‘n hospitaal nie. Maar neem asseblief kennis dat hulle nie die oorsaak was van sy dood nie. Suezen – ons was daar en het elke dag met die dokter gepraat – daar is nooit aan ons gese dat dit beter gaan nie.

  4. Hierdie foto van my broer is deur my geneem die Vrydag na die dokter die uitslae van die brein scan met my en my broer se vrou bespreek is. My broer se van is nie van Dyk nie, maar van den Heever. Die Observer het nie my, my broer se vrou of ons familie se toestemming gehad om die foto te plaas nie. Elmo se vrou het op die dag van sy begrafnis ‘n koerant ontvang en niksvermoedend op die artikel afgekom en moes na hierdie vreeslike foto kyk. Ons is baie ontseld omdat die Observer geen feite met ons uit geklaar het nie. Ons is Dinsdag oggend net voor 5 ingelig van sy dood en van die Hospitaal het ons ingelig dat my broer tussen 4-5 op Dinsdag oggend die 17de Junie oorlede.

  5. Heidi en wat toe hulle se hy is besig om sy pap te eet……toemaar ons standaard is seker net HOOG !!!!!!!!!!

  6. I am Cecil Nicholson from Pietermaritzburg. Elmo Van De Heever was my brother in law, all I want to say is I believe in what I read about the treatment he had at the hospital during the time he was admitted, because it happens all over read the papers and see what happening with our health departments, it means as if what you hire is what you get, what happened to the Nigh ting Gale pledge? I thing all medical staff knows what I mean.

  7. Disgusting that the family are so publicly airing dirty laundry. Medical system is rotten if you don’t have private insurance.
    RIP

  8. Ek is elmo se dogter,laurika.sy laaste twee dae was ek by hom ek het die susters gevra om hulp sodat hy voeding kon kry asook meds en daar is geen aandag aan my gegee nie.dankie dat die berug geplaas is,dalk kan dit ander help om nie so lelike pad te loop soos wat my pa moes nie….dai hospitaal behoort nie eers om oop te wees nie. I love you my dad,forever.riki 0745584651

  9. Laurika,elmo se dogter. Een laaste ding,toe ek sien hoe my pa lyk en binne my geweet het wat kom het ek gaan vra dat hul die doc moet bel asb hy het voeding en meds baie dringend nodig gehad en daar is vir my gese hulle sal nie die doc bel nie want hy hou lang naweek……..as hulle hom gebel het het my pa dalk nie so lelik voor my stadig honger en in pyn dood gegaan nie.ek vra die publiek as jul tyd het gaan kyk asb hoe dit daar kyk veral saal 15a..,terwyl ek moes wag om my pa te sien is ek gestamp teen die muur vas by een van die wat daar rond dwaal wat nie heeltemal daar is nie en die sekuriteit het net gelag daaroor.

  10. Ek is Elmo vd Heever se dogter en ook die een wat die berig geplaas het. Die storie is uit en behalwe vir die fout wat ek begaan het deur te se dat alles dae later nog vol kots was, dit was toe nog net teen die bed, is alles waar. Geen medikasie (en dit het een vd sisters self vir ons gese), geen aarvoeding ( vir n man wat 3/4 weke laas kon eet ), as sy besoekers nie vir hom iets gegee het omte drink nie dan het hy niks vloeistof gekry nie. Geen toiletpapier, malles tussen die siekes! Sat oggend het die verpleegster wat geantwoord het toe my ma bel om te hoor hoe dit gaan vir haar gese dit gaan baie goed, hy bad gou! Sondag het ons weer gehoor dat dit baie goed gaan en hy nou sy pap sit en eet! Hy sou sterf. Jou tyd is jou tyd, maar hy kon op n beter manier gegaan het as hy net versorging gekry het. Nie koud, bang, in pyn, honger en dors nie! En jy word onder geen omstandighede n minuut voor of na besoektyd toegelaat nie so ons kon nie eers self daar wou bly om hom te versorg nie! LUR van gesondheid….no comment! Sy leer met hulle bespreek as hulle dit verander soos nodig…..no comment. Punt is! Hulle behoort nie na siek mense om te sien nie! En dis wat mense moet weet. Moenie alleen gaan nie of moet glad nie gaan nie!

  11. Ek is uiters terleurgesteld in die Observer en veral in Gerhard Rheeder. Hy het in sy artikel genoem dat my broer daagliks bygestaan is deur my, Elmo se vrou en sy swaer. En tog is ons nooit genader oor die berig nie. Ek stem absoluut saam met Elmo se dogters dat die Hospitaal septies is en dat dit absoluut onaanvaarbaar is dat enige Hospitaal in so toestand is. Dit maak nie saak of mens nie medies het nie – ‘n Hospitaal is veronderstel om skoon te wees. My broer en geen ander mens verdien sulke behandeling nie. Ons het ook baie hieroor te se. Ons is net terleurgesteld oor die “feite” wat Gerhard geplaas het. My broer is nie maandag oorlede nie, wel Dinsdag oggend. Sy van is van den Heever Gerhard en deur aan te geneem het sy van is van Dyk bewys dat jy sekere aannames gemaak het en nie soos ‘n goeie joernalis jou feite agtermekaar gekry het nie. En julle het nie sy vrou of ons toestemming gehad om daardie aaklige foto te plaas nie. Dit was uiters onsmaakvol en onstellend. Jou houding was onprofesioneel en jou feite onvolledig. Sy dogters het my broer bygestaan… maar so ook Elmo se vrou, haar broer en ek. Cecil – Elmo was your brother in law over 20 years ago, you never even had contact – and you were never at the hospital. Daar was geen twyfel waaraan my broer dood is nie – Dit was aan Dementia. En tesame met dit is die absolute feit dat die Hospitaal skuldig is aan swak diens en uiters haglike toestande

  12. Dit was nie nodig dat Cecil vir Elmo in die hospitaal gaan kuier het om te weet hoe dit daar lyk nie. Ek dink ons almal weet presies hoe dit daar gaan. Aletta het die reg gehad om die koerant te kontak, sy is oorlede Elmo se gogter. Gaan hierdie storie oor swak diens of mense se eie “EK” Aan die koerant…..Welgedaan….ons het mense soos julle nodig !!!!!!!!

  13. Laurika,elmo van den heever se dogter,laat los nou die nonsens asb mense..,,,,gun my pa net Om in vrede Te rus….asb

  14. Die sogenaamde dr Lethlalo het met al wat n “skrikwekking” is, n moerse storie, en pleit elke keer onnosel as dit by dood kom en bonop die uiterlike swak diens. Ek persoonlik dink hy en al die personeel in Middelburg hospitaal het hulle “GRADE” as sogenaamde doktors en verpleegsters gekoop. Hulle optrede is op die vlak van n tiener wat ST 5 net, net geslaag het – “ek gaan nou hoerskool toe” – “ek weet fokken baie”. Ons is deur die selfde ding met n kleinkind wat dood gebore is a.g.v die “tieners” wat nie n clue van verpleeg het nie, wat nog van omgee vir die “MEDE MENS”, hulle almal is arogant en onopgelei – hulle gee voor dat hulle iets weet, maar uit my ondervinding weet hulle ‘FOKKOL”, jammer vir die taal, maar ek lees die berigte elke dag en dit werk my verskriklik op. Ek wonder net of die SLAKKE regering weet dat in Engeland die VAT wat hulle betaal, gebruik word juis om almal – maak nie saak of jy n boemelaar is nie – te voorsien dat jy ordentlike mediese behandeling kry. Ek wens die dr Lethlalo was soos ons Middelburg “spietkops”, soek n rede om jou te beboet want die bliksems kry (groot bonusse) en hulle soek n rede om jou n boete te skryf, so dr Lethlalo, sorg dat jou “TIENERS” op n bonus stelsel werk dan sal hulle dalk verbeter – hopenlik. Sterkte aan almal wat nie n mediese fonds kan bekostig nie, ek is een van hulle en sal eerder in my eie blyplek rustig wil doodgaan, as om na n hospitaal toe te gaan om vermoor te word.

  15. Mag die dae van hierdie GRUWEL verkort word! Hulle dink God slaap?!

    God ken selfs die aantal hare op ons hoof – wee hulle wie dink daar is geen God nie. Wat Hom tart en spot oor wat tans oor ons Volk kom.

    Bekeer julle eerder en pleit om vergifnis! Anders sal erger goed oor julle kom.

  16. I believe all this as my daughter died in the ols witbank hospital as the dr did’t give a damn nine years ago this year and when my son’s askes for her file it was missing and still is today. The dr was a Nigerian who didn’t worry about the whites. In that ward as well there were people that not right in the heads and also had contagiois sickness. We spoke to the Matron with no success she just didn’t give a hoot. These provincial hospitals will never change, i feel sorry for the family of Mr Van Dyk

Back to top button