News

Man kritiek na kar deur muur ry

“Dankie Here my kind leef nog na daardie verskriklike ongeluk.”

Dit is die woorde van me. Yvonne Pieterse op die tiende dag dat haar seun, Anton van Aswegen (33), in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal lê.

Mnr. Van Aswegen, ’n dieselwerktuigkundige van Khutana Hydraulics, het ernstige beserings opgedoen in ’n ongeluk op 2 Augustus in Zuidstraat.

Volgens sy suster, Angelique, was hy op bystand en was op pad huis toe, toe die ongeluk tussen 19:45 en 20:15 naby Central Melk en Gas plaasgevind het.

“Ons weet net dat hy beheer oor die voertuig verloor en dwarsdeur ’n muur gery het.”

Mnr. Van Aswegen moes met die kake van lewe uit die wrak bevry word.

Hy is aanvanklik in die Middelburg Hospitaal opgeneem, aangesien hy sedert die ongeluk weens breinbeserings sy bewussyn verloor het en nie kon bevestig dat hy ’n mediese fonds het nie.

Mnr. Van Aswegen is dieselfde aand oorgeplaas na die Life Midmed Hospitaal, waar hy sedertdien aan ’n ventilator gekoppel is.
Angelique het gesê dat hy ernstige brein-, skouer-, arm-, been- en voetbeserings opgedoen het en dat sy toestand kritiek is.

Sy bobeen is onder andere vergruis en daar kon verlede week geopereer word nie, weens sy ernstige breinbeserings. Die plan is om more te opereer.

Die familie vra dat enige ooggetuies van die ongeluk hulle moet kontak by 082 697 8791. “Ons wil net weet wat gebeur het.”

•Hulle wil graag die brandweer, ambulans- en insleepdienste en die personeel van die Middelburg en Life Midmed Hospitale bedank vir hul puik diens. ’n Spesiale woord van dank gaan aan die personeel van Khutana Hydraulics en elke persoon wat hulle tans ondersteun.

Ander nuus:

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button