News

Nuwe medalje in Comrades op die spel

In 1997 was Johan Oosthuizen en Chris Brink nie goed genoeg vir NKP (Normaalkollege Pretoria) se eerste rugbyspan nie.

Die twee het ’n uitdaging nodig gehad na die rugby teleurstelling en ook om hulle uit die kwaad én veral die meisieskoshuis te hou.

Brink het sy groot vriend uitgedaag om die Comrades te hardloop. Oosthuizen voltooi die wedloop in ’n tyd van 08:47:06 vir ’n brons medalje.
Vandag spog hy met sewentien medaljes, waarvan drie goud.

Dié vriendelike onnie, van Laerskool Staatspresident C.R. Swart, kan Sondag geskiedenis maak, deur die eerste wenner van die Robert Mtshali medalje te word.
Oosthuizen spog reeds met brons, silwer, goud, Wally Hayward en Bill Rowan medaljes.

Die Robert Mtshali medalje.

Die Robert Mtshali medalje is vernoem na die eerste nie-amptelike swart deelnemer aan die Comrades en word toegeken aan die drawwer wat die afstand tussen Pietermaritzburg en Durban binne nege tot tien ure aflê.

Mtshali het die Comrades in 1935 in ’n tyd van 9 uur en 30 minute afgelê. Omdat die wedloop net vir blanke atlete was, volgens apartheidswetgewing, is sy tyd nie aangeteken nie.

Comrades begin in Durban en eindig by die Scottsville perderenbaan in Pieteremaritzburg.

•Johan het die laaste Londen na Brighton ultra-marathon gewen. Sy tyd was 5:50:29.

•In September 2006 stel hy ’n nuwe Guiness wêreldrekord op vir die vinnigste gekombineerde tyd vir drie marathons binne drie dae tydens die Lake Tahoe wedlope.

•Hy wen ’n goue medalje by die John F Kennedy 50 myler in 2008.

 

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button