News

Huilende kleuters staan in gietende reën na bakkie rol

Twee kleuters het op Nuwejaarsdag in gietende reën aan hul ma vasgeklou nadat hul bakkie op die bekende hospitaaldraai omgeslaan het.

Die familie was vanaf Riverside Lodge (waar hulle gekamp het) na eMalahleni onderweg, toe die bakkie op die nat pad gegly het.

’n Man het op die ongelukstoneel gesê dat hy in sy truspieëltjie gesien het hoe die bakkie begin gly, die randsteen tref en rol. In die proses het die waentjie wat hulle gesleep het, losgekom, in die lug opgeskiet en voor die bakkie te lande gekom.

Me. Julienne van Antwerpen sê dat alhoewel hulle in eMalahleni bly, dat sy en haar man, Riaan, beide in Middelburg werk en die pad ken.
Dit het geweldig gereën en sy het baie stadig gery.

“Alles het in splitsekondes gebeur. Die voertuig het net begin gly en ek kon niks daaraan doen nie!”
Sy glo die feit dat sy stadig gery het, het voorkom dat hulle nie ernstige beserings opdoen nie.

Hul twee dogtertjies, Riané (6) en Jolene (4) het gestaan en bibber van die koue op die toneel en het by die joernalis in die voertuig geklim totdat vriende opgedaag het om te help.

Nie een van hulle het ernstige beserings opgedoen nie, maar Riané het gekla van ’n seer rug en hulle het haar hospitaal toe geneem. Nadat sy ondersoek en X-strale geneem is, is hulle verseker dat die pyn veroorsaak is deur seer spiere van die ongeluk.

•Daar is byna daagliks, veral in reën, ongelukke op dié draai en verskeie mense het ook al hul lewens verloor.

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het ’n paar jaar gelede verkeerskalmeringstroke aangebring, maar daar is steeds gereeld ongelukke op dié draai.

’n Werknemer van die Middelburg Hospitaal (wat anoniem wil bly) het ’n paar maande gelede gesê dat sy al paniekerig raak as dit begin reën, “want ek wéét dat daar dan ongelukke gaan wees!”

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button