News

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

Minstens vier mense meen hulle is onlangs deur Annica van Staden om die bos gelei en uit huurgeld verkul.

Die inwoners het almal op ‘n Facebook advertensie wat ‘n huis in Matroosberg Aerorand, vir R8 500 per maand te huur aanbied, gereageer. Die adverteerder was ‘n man genaamd Johan Jansen van Rensburg.

Die mense wat met www.mobserver.co.za gepraat het, het almal min of meer dieselfde storie vertel: Hulle het op die advertensie gereageer, die huis gaan besigtig en toe ‘n deposito oorbetaal. Meeste het R8 500 oorbetaal terwyl een paartjie net R4 000 betaal het. Hulle sou die res van die deposito ‘n paar dae later betaal.

Lees ook: Former Middelburg estate agent behind bars in Cape Town 

Al die voornemende huurders sê dat hulle onraad vermoed het nadat kommunikasie met die verhuurders stil geraak het, nadat die geld oorbetaal is. Hulle het dan vriende of kollegas gevra om te bel en te maak of hulle in die huis belangstel.

“Toe sy vir my kollega sê dat die huis nog beskikbaar is en dat niemand nog ‘n deposito oorbetaal het nie, terwyl ons klaar ‘n deposito betaal het, toe weet ek daar is moelikheid,” sê een van die klaers.

Lees ook: ‘Annica van Staden stole my money!’

Hulle sê dat die geld in mev. Van Staden se bankrekening betaal is. Hulle het ook later agtergekom dat die man wat die huis op Facebook adverteer het, met mev. Van Staden in ’n verhouding is. Vorige Facebook plasings het ook onthul dat mev. Van Staden sy Facebook profiel gebruik het om plasings te maak.

Johan Jansen van Rensburg het die huurhuis op Facebook adverteer.

“Ek het al gehoor van Annica van Staden, maar nie besef dit is dieselfde persoon met wie ek praat nie,” sê een van die klaers. Hulle sê dat die vrou haar as Ann of Jane voorgestel het.

 

Daar is drie nommers deur die klaers aan www.mobserver.co.za verskaf, waarmee hulle met mev. Van Staden en haar vriend, mnr. Jansen van Rensburg gekommunikeer het.

Lees ook: Mike Bolhuis: ‘Van Staden is a super crook’

Toe www.mobserver.co.za die nommers probeer bel het, is twee daarvan onbeantwoord gelaat. ’n Man het die derde nommer geantwoord. Toe daar gevra is of hy Johan is, het hy gemaak of hy nie kan hoor nie, ‘n paar keer ‘hallo’ gesê en toe die foon doodgedruk. Daarna het hy nie weer die foon geantwoord nie.

Mev. Van Staden het ook nie op ‘n e-pos of stemboodskappe gereageer nie.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button