News

Ouma is lus en vaar die strate in

Terwyl dwelmverslaafdes daagliks op straathoeke staan en bedel het ’n ouma gesê sy is lus en vaar die strate in “en skud al die dwelmgebruikers!”

Sy het uitgeroep: “Hoeveel jong mense moet nóg sterf!”
Me. Cathy Kriek (77) se kleinseun, Wayne van der Walt (40), is dood ’n dag nadat hy gevra het om die film, “Faith like Potatoes”, te kyk.

Wayne het gesterf weens die nagevolge van dwelmgebruik.
Hy was die 52 dae voordat hy gesterf het skoon, maar die dwelms het toe reeds te veel skade aangerig.

Lees ook: Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

In 2016 het hy aangeklop by past. Jannie Jacobs se Oorwinnaars halfweghuis vir dwelmafhanklike mans.
“Daar het hy getuig hoe die Here hom gered het.”

Sy vertel trots dat hy vir 13 maande skoon was en by ‘n kerk op die dorp as sekuriteitswag gewerk het.
“God is groot. As ons met sy dood tog net één verslaafde kan red!”
‘n Roudiens was verlede Vrydag in Vanderbijlpark vir Wayne gehou.

Lees ook: Dis wat dwlem-ouers aan kinders doen

•Intussen is ‘n swanger vrou onder ’n brug gesien waar sy haarself spuit.Me. Elna Lewis, wat vroue ondersteun wat aan dwelms verslaaf is, sê sy is gekontak deur ‘n inwoner wat die hoogswanger vrou gesien dwelms gebruik het.

Bianca Pretorius kan gereeld gesien word op die dorp is is ook ‘n verslaafde.

 

Die persoon het vir haar gesê dat dit Bianca Pretorius is, wat haarself soms Bianca van der Merwe noem.
Me. Lewis het soontoe gejaag, maar met haar aankoms was die vrou reeds weg.

Bianca was die afgelope paar maande al keer op keer in die nuus. Elke keer het sy verdwyn vir ‘n maand of twee, maar is dan net weer in die strate gesien.
In Januarie het sy aan past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars) erken dat sy enige dwelm wat beskikbaar is gebruik. Van Tik tot CAT en heroïne.

Lees ook: Dwelms op bestelling

Past. Jacobs en sy vrou, Sanet, is een nag gekontak toe sy in die dorp se strate rondgedwaal het. Sy wou egter nie die hand wat na haar uitgesteek is, aanvaar nie.

Gedurende Februarie is sy een Woensdagaand in ‘n veld langs Bonckerstraat gesien, waar sy met swaaiende arms in die veld rondgedans en met koerantpapier onder haar arms gevee het. Sy het ook haar hare uit haar kop probeer trek.

Me. Lewis is gekontak, maar Bianca wou weereens nie gehelp word nie.

Lees ook: Dertig jaar tronk toe oor dwelms

Haar familie (wat in Gauteng woonagtig is) het later kontak gemaak met die koerant en hartseer gesê dat hulle al alles probeer het dat sy gehelp moet word, maar dat sy elke keer verdwyn as hulle haar wil help.

Sy het op ‘n stadium ook vir hulle gevra of hulle na die baba sal kyk as sy iewers na werk sal soek, maar daarna het sy weer verdwyn.
Gedurende Aprilmaand is Bianca saam met Chris Hans een aand in die aankondigershokkie by die Kees Taljaard Stadion gevind.

Bianca het rukkerige bewegings gemaak en op die tafel (waaronder hulle geslaap het) is ‘n kosblik met dwelms gekry. Van die dwelms in die kosblik was onder andere Tik.
Sy het vir lede van die noodgroep wat daar was gesê dat dit haar dwelms is en dat hulle die man moet laat gaan.

Daar is later dagga tussen sy klere gekry.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button