News

Blondekop wou glo man laat vermoor

'n Mooi blondekop vrou het na bewering beplan om haar man te laat vermoor.

Hettie Laas (49), voorheen van Middelburg, maar wat tans in Lyttleton in Pretoria bly en Eliot Groenwald (59) wat gevangenisstraf op ‘n ander misdaad in die Klerksdorp Gevangenis uitdien, word aangekla van sameswering tot moord en intimidasie.

Laas staar ‘n bykomende klag van opsweping tot misdaad in die gesig, terwyl Groenewald alleen aangekla word dat hy die Korrektiewe Wet oortree het deur in die tronk in besit van ‘n selfoon te wees.

Die saak is in Julie tot hierdie week uitgestel, omdat Laas se prokureur siek was. Met hul hofverskyning die week het Groenewald ‘n ander prokureur van die regshulpraad versoek, omdat sy huidige een nie Afrikaans verstaan nie.

Die verhoor is tot later die jaar uitgestel.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button