News

Hondjie in draadhok aangehou

'n Verskrikte hondjie, wat in ’n draadhok aangehou is, is deur ’n sekuriteitsmaatskappy gered.

Die hondjie het vir maande lank in ‘n druiweboord gebly, waar werkers hom gevang het. Hulle wou hom vir R1 500 verkoop!
Gunmar Sekuriteit het die hondjie bevry en na ’n nuwe tuiste geneem.Hy is nou veilig en slaap baie lekker warm.

•Vier honde is in Toitskraal agtergelaat deur hul eienaar wat nie ‘n enkele oproep kon maak na ‘n diere organisasie om die honde te gaan haal nie!

Die eienaar het eerder gekies om hulle oor te laat aan hulle eie lot. Hulle het na paar dae begin rondloop opsoek na kos en ander mense op ‘n plaas het hulle gesien en hulle ontferm oor die diere.

Drie hondjies is reeds na nuwe huise en nog ‘n tefie is tans by Vallei Dierefonds en wag vir haar perfekte gesin.
Sy is gewoond aan bad, bakkie ry en op ‘n bed slaap.

Natalie Grobler kan gekontak word by 076 411 8476 vir die honde.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button