News

Vrou wat verdwyn steeds agter tralies

Melissa Marais (28), die vrou wat drie weke gelede verdwyn en op 27 Julie in Polokwane gearresteer is, is steeds in die selle.

Sy het Vrydag voorgekom vir ’n formele borgaansoek, maar die staat het weer aangedui dat hulle borg teenstaan op grond daarvan dat Marais ’n vlugrisiko is en omdat die ondersoekbeampte te laat verlede week die dossier gekry het.

Lees ook: Kommer neem toe oor Melissa

Die saak is weer uitgestel na vroeg hierdie week.                                                                                                                                                                                                                Die hoofklagte is bedrog.

Haar werkgewer, mnr. Albert du Plessis (eienaar, Middelburg Wendy Homes) het die klagte geopen.

Lees ook: Nuusflits: Vermiste vrou na drie dae gevind

•Me. Marais het vier weke gelede verdwyn en ’n vermiste persone saak is geopen. Etlike dae na haar verdwyning het ’n man haar ouers laat weet dat hy ’n leraar is en dat sy by hom is.

Sy het egter nie self met hulle gepraat nie. Sy het eers op 27 Julie met haar verloofde, mnr. Pieter Gouws, kontak gemaak.
Op dieselfe dag is sy in ’n drankperseel op Polokwane gearresteer.

 

Lees ook:

 

Dit is bloedmaan vanaand

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button