News

Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor

Die gewese Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen, Alta Maree (65), is vermoor.

Alhoewel DNA toetse nog moet bepaal of die liggaamsdele wat in ’n vlak graf op ‘n plaas naby Ogies gekry is, die van Maree is, twyfel familielede nie dat sy vermoor is nie.

Lees ook: Sangoma on murder charge

Maree het op 19 Februarie vanjaar vanaf haar huis in Clewer verdwyn en op 24 Februarie is die oorskot van ‘n vrou op die plaas van Smit Boerdery gekry, deur werkers wat besig was om ‘n draadheining te herstel. Die plaas behoort aan mnr. Gert Smit.
Haar identiteitsdokument is langs die Ogiespad opgetel.

Die meeste van die persoon in die vlak graf se liggaamsdele, waaronder al die vingers, was verwyder, wat daarop dui dat dit ook ‘n mutimoord was.
Haar suster, Dina Hennings (68), twyfel nie dat DNA toetse sal bewys die oorskot is die van Alta nie.
Maree is waarskynlik in haar huis op Clewer oorval.
Die matte in die huis is uitgeruk, wapen en ammunisie, asook al haar waardevolle medaljes is weg.

Lees ook: Increase in kidnapping and murder of children in Mpumalanga

•Mnr. Freddie Nel, vertel dat Maree soos hy ‘n lid van die Gemsbok span was in Hoërskool Generaal Hertzog.
Tydens Interhuis Hertzog het die span iemand gekort om aan die spiesgooi deel te neem. “Alta het op die pawiljoen gesit en hamburgers eet toe mnr. Meintjies haar naderroep.” Sy het haar rok ingesteek, die spies gevat en die Interhuis rekord verbeter.

Daarna was dit Interhoër, Interbond, Oos-Transvaal en in 1970, ’71, ’72 en ’73 wen sy die Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioenskappe.
Hy sê Alta was ‘n fantastiese mens en bemind onder almal.

Lees ook: Breaking News – Five arrested for Dullstroom murder

•Suid-Afrika se spiesgooi ghoeroe, Terseus Liebenberg, sê Maree was ‘n “besonderse atleet” wat haar beste afstand op 15 April 1972 in Pretoria gegooi het, ‘n 54,02 meter.

•Haar suster, Nicolene, wat in 1976 aan Generaal Hertzog gematrikuleer het, was self ‘n kampioen spiesgooier. Sy woon deesdae in Richardsbaai.

•Maree het haar na skool as dieselmotorwerktuigkundige gekwalifiseer en is nooit getroud nie.
Intussen wag die familie vir die DNA toetse voordat hulle ‘n begrafnis kan reël.

 

Lees ook:

Twee sterf op N4

Straatrowers bedrywig by Poskantoor

VIDEO: Gys groet na 26 jaar

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button