News

Balju baklei om lewe en dood

Die balju van Middelburg is byna oor ’n woonstelkompleks se balkon gegooi, tydens ’n struweling met ’n moeilike Nigeriese burger.

Die adjunk-balju, mnr. Gerhard Smith, het tydens die relletjie sy heup gebreek, toe hy mnr. Brian Holder (balju), te hulp gesnel het.
Mnr. Smith is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem.

Die twee is saam met ‘n verhuringsagent na ‘n woonstelkompleks nadat hulle ‘n uitsettingsbevel gekry het.
Die man was reeds die vorige Vrydag in die hof, waarop hy beveel is om die perseel te verlaat.

Met hul aankoms by die woonstel op die eerste vloer, het mnr. Holder opgemerk dat daar ‘n loper aan die binnekant van die deur is, sodat dit nie van buite af oopgemaak kan word nie.

Die man het met ’n vorige besoek oor die balkon gevlug en hy het vir mnr. Smith gesê hy moet aan daardie kant staan om hom te keer.
Hulle het die loper uitgehaal, die deur oopgesluit en ingegaan. Op hierdie stadium het die man sy kans waargeneem en by die balkon afgespring en van buite af aangehardloop gekom en op hulle begin skree.

Mnr. Holder het weg gestaan om die polisie te bel, waarop die man hom gestorm, om die middellyf beetgekry en met alle mag probeer het om hom oor die balkon te gooi.

Volgens mnr. Holder het hy die reling beetgekry en geklou vir lewe en dood.
Mnr. Smith het die aanvaller aan die arm beetgekry, maar het sy ewewig verloor toe die man skielik los en reg agteroor geval, met die man bo-op hom.
Hy kon weens sy besering nie beweeg nie.
Dit het die booswig nie afgeskrik nie en hy het weer op hulle afgestorm.

Die man is uiteindelik met die verhuringsagent se pepersproei tot bedaring gebring.

Die polisie en ambulans is ontbied, waarop die aanvaller gearresteer en mnr. Smith na die Life Midmed Hospitaal geneem is.

•Mnr. Holder het klagtes van aanranding en die verhindering om hul werk te doen teen die man aanhangig gemaak.

•Hillary Isineyi Chinwede het in die hof verskyn, waarna die saak tot ’n latere datum uitgestel is.

 

Lees ook:

 

Dit is winter en die damvlakke moet daal?

UPDATE: Missing man found safe

Two alleged robbers arrested

Weather

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button