News

Gekaapte kar teruggekry

Die voertuig wat Saterdag in die vroeë oggendure gekaap is in Middelburg, is laasnag in Mhluzi gevind.

Mnr. James van den Heever het met mnr. Freddie Viljoen se voertuig Vrydagaand by Suits gaan kuier.

Op pad huistoe het hy gestop op die hoek van Cowen Ntuli- en Samora Machelstraat by die verkeerslig.

Drie booswigte, waarvan een gewapen was, het by hom in die kar gespring en hom aangesê om te ry.

Lees ook: Voertuig gekaap

Hulle het kruis en dwars deur die dorp gery en hy moes stop, sodat een die stuurwiel kon oorneem. Die ander het hom na agter getrek.

Toe hulle op ’n stadium stilhou, het hy oor die een kaper geduik en uitgespring. Hulle is agterna waar hulle hom in die pad geskop het. Hy het weggekom, by die Witkerk oor die hek gespring en daar geskuil.

Na ’n lang ruk het hy in die pad opgestap, waar ’n lid van ’n insleepdienste by hom gestop en die polisie en ambulansdienste ontbied is.

•Lees die volledige storie oor wat alles in die voertuig wat teruggevind is, gekry is, in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

 

Lees ook:

NIE VIR SENSITIEWE LESERS: Wie se arm is in die rivier gekry?

Meisie byna op skoolterrein verkrag

Doodskistwee se siviele saak kon nie voortgaan

Krok gryp twee mans by dam

NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierwreedhied sake

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button