News

NIE VIR SENSITIEWE LESERS: Wie se arm is in die rivier gekry?

Die polisie op Middelburg het gister (Maandag) navraag gedoen of die arm wat in die Nkomazi Rivier naby Malelane gevind is, nie moontlik die is van Willem Janse van Rensburg wat verlede jaar sonder arm dood langs die Klein Olifantsrivier gekry is nie.

Alhoewel Willem al op 1 November 2017 gekry is met sy een arm afgeruk, het Middelburg polisiewoordvoerder, kapt. Khanyisile Zwane, gesê dat iemand dalk die arm in ’n vrieskas kon gehou het. “Dalk het die persoon nie meer die arm nodig gehad nie en hom in die rivier gaan gooi.”
Sy het ook by www.mobserver.co.za navraag gedoen of dit Willem se linker- of regterarm was wat afgeruk is.
Die arm is laat Sondag deur hengelaars in die Nkomazi Rivier gevind.

Lees ook: Hawelose wie se arm afgeruk is, is vermoor – arm steeds weg

Daar is in ’n provinsiale mediaverklaring gesê dat hulle nog onseker is of dit albinisme is en of die wit kleur van die arm is, omdat dit so lank in die rivier gelê het.

Willem se lyk is vroeg daardie oggend deur sy vriend, Lamson Ramaphama gevind. Hy het gesê dat hy nog die vorige aand saam met hom gekuier het.
Lamson het nagskof gewerk en bedags langs die rivier geslaap, waar Willem hom in die aande, voordat hy op diens was, ontmoet het. As hy gaan werk het, het Willem weer langs die rivier op bokse geslaap.

Lees ook: VIDEO: Man wat lyk vind vertel

Willem was linkshandig en sy vriende sê dat hy teen die persoon moes geveg het wat sy arm na alle waarskynlikheid afgekap het.
Lamson en sy vriende glo dat hy vermoor is, aangesien daar ’n merk aan sy nek, waarskynlik soos hy gewurg is, gesien is toe hulle hom gaan uitken het. Daar was ook ’n gat so groot soos ’n vyfrandstuk op sy borskas en blou merke aan sy sye.
Hulle glo hy is doodgemaak omdat hy ’n informant vir die polisie was.

Die arm wat Sondag deur hengelaars in die Nkomazirivier gevind is. Dit kan nie Willem se arm wees nie, aangesien Willem se linkerarm afgeruk is en die ‘n regterarm is.

Lamsom het gesê dat daar baie bloed op Willem se kop en lyf was toe hy hom gekry het. Daar was ook baie bloed op die kartondose waar sy lyk gekry is.
www.mobserver.co.za se joernaliste het kort na die moord ook ’n mes tussen die lang gras, armlengte van waar Willem gelê het, gekry. Alles is net so deur die polisie op die toneel gelos.

•Dit was duidelik ’n regterarm wat in die Nkomazirivier gekry is en dit is by die elmboog af. Willem se linkerarm is tussen die elmboog en die skouer afgeruk of afgekap.

Die polisie vra dat enige persoon wat inligting kan verskaf rakende die arm, om luit-kol. Lindiwe Nobungwa te bel by 082 464 6332.

 

Lees ook:

Meisie byna op skoolterrein verkrag

Doodskistwee se siviele saak kon nie voortgaan

Krok gryp twee mans by dam

NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierwreedhied sake

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button