News

Meisie byna op skoolterrein verkrag

Die polisie soek steeds na 'n man in sy 20's met langerige blonde hare, amper in 'n bob-styl, wat 'n geskeurde denim en 'n swart T-hemp met 'n vlag met 'n weerligstraal daarop aangehad het, nadat hy 'n jong leerling van HTS Middelburg byna op die skoolterrein verkrag het.

Dit kom skaars ‘n week nadat ‘n seun na bewering in die koshuis deur ‘n ander seun verkrag is.

Die slagoffer se ma sê dat daar na die seun se voorval, nou stories is dat ‘n seun by die pawiljoene verkrag is, maar dit is twee afsonderlike voorvalle.

Die slagoffer moet in eksamentyd vroeg met die bus ry, maar dikwels eers tweede sessie, wat 11:30 is, skryf.

Op Woensdag 6 Junie, is albei haar dogters oudergewoonte vroeg skool toe. Haar ouer dogter is na ‘n vriend toe terwyl haar jonger dogter by die skoolingang gestaan en wag het vir haar vriendin se ma om haar te kom oplaai.

Lees ook: Krok gryp twee mans by dam

Sy het op die onthaallokaal se trappe in die son gaan sit, sodat sy die ingang kon dophou, maar tog beskut kon wees teen die oggendkoue.

‘n Man het skielik sy verskyning gemaak, langs haar gaan sit en sy hand op haar been geplaas, waarop die meisie hom gevra het om te loop.

Die man het dadelik opgestaan en om die hoek verdwyn. Hy was egter kort daarna terug, en was hierdie keer baie meer aggressief.

Die dogter het aan haar ma vertel hoe die man haar hand gegryp, en in sy broek gedruk het. Hy het haar ook gedwing om ander onbetaamlike dinge met haar te doen.

“Ek het haar gevra hoekom sy nie geskree en geskop het nie, maar sy sê sy het heeltemal lam geword en kon niks doen nie,” vertel die ma.

Toe die man se broek reeds op sy knieë was, en hy besig was om die meisie plat te druk, het skoonmakers wat hard gepraat het aan die pawiljoen se kant, hom skrik op die lyf gejaag. Hy het sy broek opgetrek en weggehardloop.

Die meisie het dadelik haar ma en haar sussie gebel. Haar ouer suster was eerste terug op die skoolterrein en die meisies het in ‘n badkamer geskuil. ‘n Onderwyser het op hulle afgekom en na die hoof, mnr. Hoppie van Jaarsveldt, se kantoor geneem.

Die meisies se ma was kort daarna daar.

Lees ook: NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierewreedhied sake

Die ma is van die hoof se kantoor met haar kind polisiestasie toe, waar hulle na die gesinsgeweld en seksuele misdryfeenheid verwys is. Ondersoekbeamptes is saam met die klaer en haar ouers terug na die skoolterrein waar almal ondervra is.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

Die slagoffer het ‘n berader, wat deur die skool beskikbaar gestel is, gaan sien.

“Mense wil aanhou weet hoekom sy nie geskree of gebyt het nie, en wat sy daar gesoek het. Almal vergeet dat mens nie veronderstel is om enige plek so aangerand te word nie, en beslis nie op ‘n skoolterrein nie. Die skool het vir ons gesê dat die pawiljoene nie tegnies gesproke deel is van die skoolterrein nie.

“Die berader het vir haar gesê dat sy die reg het om enige plek veilig te voel. En dat dit wat gebeur het nie haar skuld is nie. Nou moet ons haar net dit laat glo. Sy sukkel nou nog om te slaap in die aande.”

•Mnr. Van Jaarsveldt, sê dat hulle bewus is van die voorval waar ‘n dogter op die skoolterrein aangeval is.

Hy sê dat kinders gereeld gewaarsku word om sekere areas liefs te vermy, veral in die donker en vroegoggend.

Hy sê dat opvoeders gereeld aktuele sake, soos gevare, met kinders bespreek.

“Dit werk die beste as mens die samewerking van die ouers het, sodat jy ‘n vennootskap met hulle vorm,” sê mnr. Van Jaarsveldt.

Hy sê dat dogters ingelig is oor die gevaar, en dat daar vir hulle gewys is waar hulle moet wees in die oggende waar dit veilig is, na die voorval waar een van hul skooldogters deur ‘n man by die pawiljoene aangeval is.

 

Other News:

#TrafficUpdate: Multi car pile-up on N4 near Middelburg tollgate

Municipal Manager warns: Load shedding eminent 

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

 

Want breaking news on the go?

• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.

• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.

• Subscribe to our YouTube channel.

Have a news tip?

Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button