News

NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierewreedheid sake

Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging doen alles in hul vermoë om dierewreedaards aan die pen te laat ry, maar loop hulle teen mure vas by die polisie.

Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) het saak vir saak uitgehaal en die ondersoeke gewys wat sy gedoen het, nadat diere beseer of dood is onder haglike omstandighede.

Sodra sy hoor van wreedheid of verwaarlosing van diere, word daar opgetree. Sy word deur die polisie gehelp om sake te open, maar met verdere ondersoekwerk sukkel sy om die skuldige partye vervolg te kry, omdat die ondersoekbeamptes in baie gevalle nie terugkom na haar toe nie.
Dit is maar ’n algemene tendens by die plaalike polisiestasie waar ander ernstige misdaad nie eers behoorlik hanteer word nie.

“Met elke saak wat ek oopmaak, belowe ek die dier hy sal sy dag in die hof kry, maar dan sukkel ek soms so om dit verder gevoer te kry. Daar is baie mense wat dink ons doen niks, want ons maak sake en dan gebeur daar verder net niks!”

Die nasionale DBV kantoor wil ook weet wat met sake gebeur, dan het sy nie antwoorde nie, want sy hoor niks van die ondersoekbeamptes nie.
Snr-insp. Oberholzer het spesifiek vier sake aangehaal, waar sy nog niks weer van die polisie gehoor het nie.

•In Januarie 2016 is die 20-jarige Tshepo Utla gearresteer nadat ‘n vier maande oue hondjie dood gekry is.

Die polisie het gesê dat die hondjie langs die verdagte gevind is en dat daar klaarblyklik nog ‘n kondoom oor sy penis was.
Hy is onder die seksuele misdrywe-, asook onder die dierebeskermingswet vir wreedheid teenoor diere aangekla.
Op die toneel het Utla gesê dat hy 17 jaar oud is, maar dit het later aan die lig gekom dat hy eintlik 20 jaar oud is. Die polisie het destyds aan die koerant gesê dat Utla ook vir meineed aangekla sal word.

Die vier maande oue hondjie wat se binnegoet oopgebars het weens bestialiteit.

Hy het ‘n paar keer in die hof verskyn, maar die saak is later tydelik van die hofrol verwyder, terwyl daar gewag is vir die DNA-toetse.
“Alle aanduidings is dat daardie DNA weggeraak het,” het snr-insp. Oberholzer omgekrap gesê.
“Ek het nooit weer van die polisie gehoor nie. As die saak sou aangegaan het, moes hulle my tog in kennis gestel het.”

•In Mei 2017 open sy ‘n saak teen ‘n man in Eastdene nadat hulle ‘n hond gevind het wat gevrek het nadat hy homself opgehang het.
Die hond was vasgemaak aan ‘n tou, waarna hy oor die muur gespring en verwurg het. Hulle moes ook beslag lê op ‘n ander hond en ‘n voëltjie in ‘n hok, omdat die diere nie kos gehad het nie.

Die hond wat gevrek het nadat hy homself opgehang het, omdat hy vasgemaak was aan ’n verkeerde en te kort tou.

•Almal sal die hartseer verhaal onthou van Blade, die 10 maande oue pit bulterriër, gedurende April hierdie jaar. Die hond met die gapende gat om sy nek omdat sy halsband te klein was. Dit is nooit verstel vandat dit as klein hondjie om sy nek gesit is nie.
Die plek om sy nek was al vrot en die dier moes veeartsbehandeling kry.

“Die dag toe ek Blade gekry het, het ek hom beloof hy sal sy dag in die hof kry en dat ons vir hom ‘n liefdevolle huis sal kry. Hy het ‘n huis gekry, maar daar het nog niks van die saak geword nie.”
‘n Saak is geopen teen die eienaar van die hond, ‘n inwoner van Eastdene.

•Gedurende Mei hierdie jaar is ‘n hond verwyder in Rivierstraat omdat die dier só verwaarloos is, dat sy ribbetjies gewys het.
Die worshondkruising was erg ondervoed en moes na ‘n veearts geneem word.
‘n Saak van dieremishandeling is teen die eienaar geopen, maar die polisie het nog nie weer van hulle laat hoor nie.

Die hondjie wat verwyder is weens wanvoeding en verwaarlosing.

•Op 4 Junie het www.mobserver.co.za navraag gedoen by kapt. Khanyisile Zwane (polisiewoordvoerder) rakende die sake. Al vier die saaknommers is verskaf. Tot op hede het ons nog nie terugvoering gekry nie.

 

Other News:

#TrafficUpdate: Multi car pile-up on N4 near Middelburg tollgate

Municipal Manager warns: Load shedding eminent 

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

 

Want breaking news on the go?

• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.

• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.

• Subscribe to our YouTube channel.

Have a news tip?

Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button