News

Doodskistwee se siviele saak kon nie voortgaan

Die siviele saak teen die sogenaamde doodskistwee kon nie die week voortgaan nie, omdat daar probleme was om hulle van die gevangenis tot in Middelburg te kry, omdat die dokumentasie nie gedoen is nie.

Hul regsverteenwoordigers was ook nie by magte om hulle bloot te gaan oplaai en Middelburg toe te bring nie. Die saak is tot ‘n latere stadium uitgestel, wanneer die verweerders in die hof teenwoordig kan wees.

Lees ook: Doodskistwee vir vonnis in hof

Theo Jackson en Willem Oosthuyzen word vir R400 000 gedagvaar deur Victor Mlotshwa.

Jackson en Oosthuyzen is tans besig om tronkstraf uit te dien nadat hulle vir Mlotsha in ‘n doodskis ingedwing het. Jackson is tot 14 jaar en Oosthuyzen tot 11 jaar gevonnis.

Lees ook: Doodskistwee gevonnis – ‘n dekade in die tronk

Die klaer in die saak het egter ook nou met siviele stappe teen hulle begin. Die saak sou Woensdag in Middelburg aangehoor word. Regsverteenwoordigers het egter verniet van Pretoria af gereis omdat Jackson en Oosthuyzen nie in die hof was nie.

• Daar is tydens die kriminele hofverrigtinge gehoor dat beide Jackson en Oosthuyzen hul werk verloor het as gevolg van die saak.

Hulle het getuig dat hulle tans geen finansiële inkomste het nie en al hul beskikbare fondse vir regshulp spandeer het. Die twee se vroue is tans die alleen broodwinners in hul huishoudings.

• Mlotshwa het onlangs ‘n huis van die ANC ontvang. Partyverteenwoordigers het ook onderneem om vir hom werk te soek.

 

Other News:

#TrafficUpdate: Multi car pile-up on N4 near Middelburg tollgate

Municipal Manager warns: Load shedding eminent 

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

 

Want breaking news on the go?

• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.

• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.

• Subscribe to our YouTube channel.

Have a news tip?

Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button