News

Krok gryp twee mans by dam

Daar is steeds nie duidelikheid oor die krokodilaanval Woensdagmore by Flag Boshielodam, waartydens twee mans glo deur ’n reuse krokodil by die inloop van die dam naby Sevenstad aangeval is nie.

Me. Mercia Blake van Marble Hall se Life 24 Ambulansdienste het Woensdag kort na die aanval op Facebook gewaarsku dat besoekers aan die dam onder geen omstandighede in die water by die dam moet ingaan nie.

Die dam is berug vir sy reuse krokodilpopulasie.

Maar die gevaar dryf nie net in die dam nie, maar ook in die riviere wat die dam voer en sy uitlope.

Volgens mnr. Gary van Jaarsveld van die Sekhukhune Brandweerdienste is hulle reddingspan geskakel met die nuus dat daar ’n verdrinking was.

Voordat hulle egter by die stasie kon vertrek het hulle weer ’n oproep ontvang om hulle in kennis te stel dat hul dienste nie meer benodig word nie omdat die gemeenskap een van die mans uit die korkoldil se kake gered het en met hom na ’n kliniek gejaag het.

Volgens me. Blake word die tweede man steeds vermis.

Die krokodil het glo toegeslaan toe die mans hul visnet uit die water gaan haal het.

“Ons weet nie wie die slagoffers is of waar die oorlewende behandel word nie,” het mnr. Van Jaarsveld gesê.

 

Other News:

#TrafficUpdate: Multi car pile-up on N4 near Middelburg tollgate

Municipal Manager warns: Load shedding eminent 

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

 

Want breaking news on the go?

• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.

• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.

• Subscribe to our YouTube channel.

Have a news tip?

Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button