News

Jaghonde rig groot skade aan

Onwettige jagters, wat veral kleindwild met hulle uitgehongerde windhonde jag, het al reuse skade op plase aangerig.

Nou het windhonde wat waarskynlik deur hierdie jagters langs die Loskopdampad agtergelaat is, die vrektes van ’n kameelperd en rooibok veroorsaak.

Me. Deidré Fourie het die windhonde langs die pad opgemerk in Aprilmaand en ry sedertdien elke tweede dag om vir hulle kos te gee.

Lees ook: VIDEO: Rhino calf alone for days after poachers kill its mother

Een hond, wat baie swak was, het hulle gevang en DBV toe gevat. Later was net twee oor en sedert verlede week het net die een hond oorgebly.

Dié jaghond wat oor is, bly egter in die veld waar daar heelwat wild is.

Lees ook: Local farmer joins Chinese nationals in accused bench over rhino horn

‘n Kameelperd is gekry wat in drade verstrengel geraak en gevrek het.

Dit is honderd meter vanaf die plek waar me. Fourie die honde kos gee. Alle aanduidings is dat die honde die jong kameelperd laat skrik het, wat veroorsaak het dat hy in die drade vasgehardloop en gevrek het. Beendere van ‘n rooibok is gekry wat die honde gevang het.

Die oorblywende hond gaan nou van die grond af verwyder word.

 

Lees ook:

Vrou byna gekaap

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

Faktotum in hof oor dade met tweejariges

Waar is ons broers?

VIDEO: Drie werk saam om handsak

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button