News

Seun glo in spogskool se koshuis verkrag

Wat gebeur in skoolkoshuise?

Kort na die Stella moorde, word ’n saak van verkragting ondersoek, nadat ’n skoolseun in die koshuis van HTS Middelburg na bewering aangeval is.

Sharnelle Hough (16) en Marna Engelbrecht (17) is op 26 Mei in die koshuis van Hoërskool Stella vermoor. Die 19 jarige Zander Bylsma is na die moorde aangekeer en het op 28 Mei in die landdroshof op Vryburg op twee klagtes van moord verskyn.

Die koshuismatrone het beide meisies in die koshuis dood gekry.

Lees ook: Videos: Koedoe hol by skool se ouditorium in

Die ma van die seun wat na bewering verkrag is in die HTS Middelburg koshuis, sê die voorval het al om 20:00 die Vrydag plaasgevind, maar die hoof, mnr. Hoppie van Jaarsveldt, het haar eers net na 06:00 Saterdag in die hande gekry.

Die ouers het hulle na die skool gehaas, waar hulle ingelig is dat daar ‘n voorval van “konsensuele seksuele eksperimentering tussen twee seuns was”.

Dit was eers later terug by sy ouerhuis dat haar seun vertel het wat werklik gebeur het.

Sy moes toe uitvind dat die skool eers verskeie persone in kennis gestel en na die skool laat kom het, voordat hulle haar vir die eerste keer probeer bel het. Hulle het ook dat haar kind, sonder haar toestemming of teenwoordigheid, ‘n verklaring aflê.

Lees ook: Seun (16) sterf in ongeluk oppad terug van jagtog

Die ouers het intussen ‘n afskrif van die verklaring bekom.

Sy sê dat sy woedend en magteloos voel na die voorval en “dat die skool dinge onder die mat probeer invee sonder om haar kind se belange in ag te neem.”

• Die seun wat van die verkragting verdink word is ook intussen uit die skool.

• ‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat daar ‘n kriminele klag gelê is, die kind deur ‘n dokter ondersoek is en ook na ‘n kliniese sielkundige verwys is.

• Moontlike siviele stappe gaan teen die skool ingestel word.

• Daar was kwaai kritiek vanaf ander ouers, veral omdat die vermeende verkragter glo elders gewerf is om deel van die skool se rugbyprogram te wees.

• Beide die hoof van die skool, mnr. Van Jaarsveldt, asook die voorsitter van die beheerliggaam, mnr. Josef van Eeden, het ‘n geleentheid om kommentaar oor die aangeleentheid te lewer, van die hand gewys.

• Die Departement van Onderwys se woordvoerder, Jasper Zwane, was nie bewus van die voorval nie. koshuis

• Daar het intussen nog ouers navore gekom met klagtes oor onbehoorlike gedrag by die skool se koshuis.

 

Lees ook:

Waar is ons broers?

VIDEO: Drie werk saam om handsak

Oom Arrie kielie die konsertina

Helikopterritte by Buiteleweskou

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Check Also
Close
 
Back to top button