News

Polisiemanne sit – verdagte vat die pad

'n Verdagte het onder die oë van polisiebeamptes uit die Marble Hall polisiekantoor geglip terwyl die klaer besig was om 'n saak van diefstal teen hom oop te maak.

Mnr. Maarten Schalekamp het by Superspar Marble Hall gestop om ‘n brood te koop, toe ‘n sak met beesvleis uit sy bakkie gesteel is.
Hy het vroëer die dag ‘n bees laat slag en die vleis in twee sakke verdeel en agter op sy bakkie gelaai.
“My bakkie het ‘n seil op en het ek gedink die vleis sal veilig wees, terwyl ek gou by die winkel ingaan. Die seil keer mos dat niemand kan sien dat daar iets agter op die bakkie is nie.” Die dief het sy kans gesien toe mnr. Schalekamp die winkel binnestap.

Lees ook: Plaasaanval naby Marble Hall

Gelukkig het ‘n werknemer van die drankwinkel in die Superspar sentrum gesien wat gebeur en die verdagte met die sak vleis blitsig gevang. Mnr. Schalekamp het minwetend by die winkel weggery, toe hy ‘n oproep van sy seun ontvang om te sê dat die vleis gesteel is en hy deur die drankwinkel gekontak is, aangesien sy naam op die sak met vleis gestaan het.

Mnr. Schalekamp het teruggejaag na die drankwinkel en die vleis uitgeken.
“Die werknemers van die drankwinkel het aan my vertel dat dié verdagte gereeld gesien word by die sentrum en dat dit nie die eerste keer is wat hy goedere uit ‘n voertuig steel nie.”

Mnr. Schalekamp en die werknemer van die drankwinkel het die verdagte na die polisiestasie in Marble Hall geneem en ‘n saak van diefstal geopen.
Terwyl mnr. Schalekamp besig was om die saak aan te meld, het die verdagte by die deur van die polisiekantoor uitgeglip en weggehardloop.

“Die polisiebeamptes het gesien wat gebeur het, maar net niks gedoen. Hulle het nie eens opgestaan om die verdagte agterna te sit nie. Hulle het ook nie op hul bandradio’s geroep om ander polisiebeamptes te vra om op die uitkyk te wees vir hom nie. Hulle het dit net gelos en nie ‘n woord daaroor gerep nie,” sê mnr. Schalekamp.

Lees ook: Sleeping on duty?

Hy sê dat die verdagte steeds op vrye voet is.
www.mobserver.co.za het Marble Hall se polisiewoordvoerder gekontak in verband met die voorval, waarop hy gesê het dat hy tans met verlof is en nie van die voorval weet nie.

Lees ook:

Major General among N4 casualties

Mike Bolhuis: “Van Staden is a super-crook”

Golf bars deur kollege heining

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button