News

‘Net gou’ selle toe vir twee aande – skokwending in boer se arrestasie

’n Boer wat besig was om te stroop, is soos ’n krimineel gejag omdat hy nie ’n hofdatum kon bywoon nie.

Donevan Janse van Rensburg (26) , wat die klaer in ’n veediefstalsaak is, is Saterdag by sy huis gearresteer nadat hy versuim het om die vyfde uitsteldatum vir sy hofsaak by te woon.

Hy sê dat twee lede van die Hendrina polisie asook ’n groep van die Middelburg Veediefstal Eenheid, by sy huis opgedaag het. Dit nadat daar ’n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik is, omdat hy nie op 4 Mei in die hof verskyn het om in ’n veediefstalsaak te getuig nie.

Lees ook: VIDEO – Ses aanvallers bekruip boer

Mnr. Janse van Rensburg sê dat die polisie aan hom gesê het dat hy ‘net gou’ polisiestasie toe moet kom van waar hy dadelik borg sal kan betaal en terugkeer huis toe.

Dit is egter algemene kennis, veral onder polisielede, dat iemand wat op ’n lasbrief wat deur die hof uitgereik is gearresteer word, eers voor ’n landdros moet verskyn om borg te verkry.

Hy het met sy eie voertuig polisiestasie toe gery.

Lees ook: Jong boer ontduik misdaadstatistiek met vinnige optrede

Toe mnr. Janse van Rensburg by die Middelburg Polisiestasie opdaag, is hy summier in hegtenis geneem en verduidelik dat hy Saterdag en Sondag in die selle sal moet slaap om Maandag in die hof aansoek te doen vir borg.

Mnr. Janse van Rensburg sê dat die veediefstalsaak uit ’n voorval in 2016 spruit waar hy, tesame met polisielede van Hendrina, skaapdiewe in Kwazamokuhle opgespoor en gearresteer het.

Lees ook: Vuur lok boer uit huis

Die saak is tans op die hofrol in Middelburg vir verhoor.

Met een van die hofdatums was die beskuldigdes se prokureur nie beskikbaar nie.

Tydens die volgende uitstel is mnr. Janse van Rensburg ingelig dat hulle die saak na ’n ander landdros toe moet skuif.

Also read: Local farmer in court for ‘dagga farm’

Met die derde uitstel het die nuwe landdros die saak aangehoor en kon mnr. Janse van Rensburg nie getuig nie.

Met die vierde uitstel het die beskuldigdes, wat op borg uit is, nie opgedaag nie.

Die saak is toe uitgestel na 4 Mei. Mnr. Janse van Rensburg het egter vir die aanklaer gesê hy kan nie hof toe kom nie omdat hy besig was om te stroop.

“Ek was toe al so moedeloos ek het gesê hulle moet sommer die saak terugtrek. Ek kan nie elke keer ’n dag in die hof mors nie,” sê mnr. Janse van Rensburg.

Lees ook: As die mielieprys daal, wat van dagga?

Hy sê dat die polisie weet waar hy bly omdat hulle hom al vier keer op die plaas kom dagvaar het, en hy dus nie weet hoekom hulle hom nie anders genader het as om op ’n Saterdagaand daar op te daag om hom te arresteer nie.

Hy weet glad nie waar die kamtige klag van poging tot roof, wat op die polisie se sisteem verskyn, vandaan kom nie.

Die polisie het by ’n vorige navraag gesê dat mnr. Janse van Rensburg se arrestasie verband hou met ’n poging tot roof saak.

Read: Two assaulted at Berg-en-Dal

Kapt. Khanyisile Zwane, polisiewoordvoerder, het onderneem om te probeer uitvind waar die verwarring ingekom het.

Sy is ook gevra om te verduidelik hoekom die polisie so drasties opgetree het en om kommentaar te lewer oor of hul optrede nie as kwaadwillig beskryf kan word nie.

Lees haar antwoorde asook ’n volledige berig waarin mnr. Janse van Rensburg vertel van sy tyd in die polisieselle, in Vrydag se uitgawe van die Middelburg Observer.

Lees ook:

Adopt a pet from SPCA

Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksie

Pumaki rugby at Laerskool Middelburg

Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga

 

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button