News

Rower skree: ‘I’ll kill your baby!’

Marteling maal deur jong pa se kop voor skote klap.

Al wat deur ’n jong pa se kop gemaal het voordat hy drie huisrowers geskiet het, was die wyse waarop landsburgers tydens sulke aanvalle met strykysters gemartel en vroue verkrag word.

Een van die aanvallers het by sy baba dogter se bed gestaan toe hy deur sy vrou se smeekroepe gewek is. Sy het die aanvallers aanhoudend gesmeek:

Please I have a baby, please don’t hurt me.”

Die drie Mosambiekse burgers het hulle nie aan die vrou se gesmeek gesteur nie en het die pa met ’n mes toegetakel.

Een van die rowers het voor die venster waar hulle toegang tot die huis gekry het, inmekaar gesak.

Een van die mans het hom ook toegesnou: “I’ll kill your baby”.

Terwyl die meshoue op hom neerreën het hy sy gelaaide ACP Colt onder sy kussing uitgehaal, met sy een arm die meshoue afgeweer en twee van die mans in die huis doodgeskiet. ’n Derde een is gewond.

Een van die rowers het daarin geslaag om deur die venster te klim maar het buite die huis aan sy wonde beswyk.

Die gewonde man het na ’n buurman se huis gevlug, wat hom met ’n graaf toegetakel het. Hy word steeds in ’n kritieke toestand onder polisiebewaking in ’n Pretoriase hospitaal behandel.

Die drie mans het om 3:00 diefwering weggebuig en het reeds onder andere ’n televisiestel na buite gedra, toe hulle in die loop van ’n .45 Colt vasgekyk het.

• Die familie wou uit vrees anoniem bly.

• Vier Mosambiekse burgers is in drie verskillende voorvalle die afgelope tyd op Middelburg doodgeskiet.

Lees verwante artikels hier:

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Lyk tussen riete ’n Mosambiekse burger

Mosambieker met gif by dammetjies gevang

 

Ander nuus:

Rowers sleep bejaarde oor teerpad

Jozi a much more popular destination for Brits than Cape Town in 2018

Watch: Golden Highway burns in water protest

Five things you may not know about International Worker’s Day

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button