News

Rooftog slagoffer erg getraumatiseerd na siek grap

'n Bekende en geliefde sakevrou, wat alreeds twee keer vantevore in haar huis aangeval is, is erg getraumatiseer deur 'n "rooftog" wat later geblyk het 'n siek grap was.

Net ‘n dag later was sy ook byna die slagoffer van ‘n grypdief.

Twee ‘verdagtes’ het net na 12:00 verby kliënte gesluip in balaklawas in Mr Price in die Groblersdal Mall. Hulle het sonbrille, swart handskoene en swart baadjies, asook kappies opgehad en direk na die betaalpunt gehardloop.

Die vrou, wat op versoek anoniem wil bly, het die twee ‘rowers’ opgemerk en so groot geskrik dat sy nie geweet het hoe om te reageer nie.

By die betaalpunt is die twee ‘rowers’ dadelik deur hul kollegas herken en het almal uitgebars van die lag.

Lees ook: Video – Gewapende rowers slaan toe op Groblersdal

“Vir hulle was dit een groot grap en het aanhouded gesê dat hulle ons net ‘n poets gebak het en ek dit as ‘n grap moet aanvaar. Dit is vir my onaanvaarbaar dat personeel van ‘n besigheid só optree en dit voor kliënte,” sê sy kwaad.

Die vrou het daarop aangedring dat sy met die werknemers se bestuurder praat, maar is daar net vir haar gesê dat hy nie daar is nie.

Die geskokte vrou het Gunmar Sekuriteit genader en aan een van hul wagte verduidelik wat in Mr Price gebeur het.

“Ek het dadelik beskerm gevoel met Gunmar Sekuriteit se wag wat saam met my na die winkel gestap het. Hy het aan hul verduidelik dat hul optrede onvanpas is, maar ons woorde het op dowe ore geval,” vertel sy.

Lees ook: Plaasaanval – boer dood voor hellikopter hom kan oppik

Die vrou was só ontsteld dat sy nie haar sleutel in haar voertuig se slot kon kry om te ry nie.

Sy is later na ‘n dokter in geneem en vir skok behandel.

•”Ek sal nooit weer my voete in Mr Price sit nie, aangesien ek nooit weer veilig sal voel om daar inkopies te doen nie.”

•Die vrou se trauma is vererger toe ‘n straatrower haar handsak by die verkeerslig in Voortrekkerstraat in Groblersdal probeer gryp het. Sy het hom met ‘n waterbottel geslaan, waarna hy gevlug en tussen die ander voetgangers verdwyn het.

Lees ook: Poachers kill lions and crocodiles

Die vrou het twee rooftogte beleef toe huisrowers toegeslaan en familielede voor haar aangerand het.

Sy doen al jare in die omgewing van die Vallei en Middelburg sake en is baie geliefde onder inwoners.

www.mobserver.co.za het die Mr Price takbestuurder geskakel wat nie beskikbaar was nie. Die kliëntediens sentrum het gesê dat hulle later ‘n nommer sal verskaf vir ‘n kommunikasiebeampte.

 

Ander nuus:

Robbery in Aerorand

Waterpark gaan toeriste lok

Duisende drawwers reeds op dorp – verwelkom met swaar reen

Vrou in gesig gespoeg – raadslid beroof

VIDEO: Opvolg – Jong Koedoe het kakebeen gebreek

VIDEO: Koedoe hol by skool se ouditorium in

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me”.

Back to top button