Municipal

Gesloer met paaie

Noudat premier David Mabuza besluit het om meer geld uit die paaie begroting te vat om sy eie kantoor aan die gang te hou, sit hande-in-die hare paaie personeel plaaslik en wag vir nog bloedvergieting op ons provinsiale paaie. Premier Mabuza het vir talle gedenkdienste vir oud president Nelson Mandela, altesaam R70 miljoen vermors, waarvan …

Noudat premier David Mabuza besluit het om meer geld uit die paaie begroting te vat om sy eie kantoor aan die gang te hou, sit hande-in-die hare paaie personeel plaaslik en wag vir nog bloedvergieting op ons provinsiale paaie.

Premier Mabuza het vir talle gedenkdienste vir oud president Nelson Mandela, altesaam R70 miljoen vermors, waarvan die grootste ‘n R40 miljoen prysetiket gehad het, en by Mbombela stadion gehou is.

Tydens die 2014/2015 begrotingsrede verlede week het die LUR van finansies, mnr. Madala Masuku, ‘n wetsontwerp ter tafel gelê wat vyf departemente, onder andere paaie, wettiglik in staat stel om geld oor te plaas na die premierskantoor.

‘n Bedrag van R5 miljoen sal by paaie afgerokkel word om die premier se kantoor aan die gang te hou.

Planne is ook inderhaas gemaak om die konstruksie aan die ou Belfastpad van 22km tot net 8km te verminder “om geld ook binne die departement rond te skuif om ‘n reuse agterstand op projekte te begin inhaal” bieg ‘n binnebron van die departement.

Grondverskuiwingsvoertuie het lank stilgestaan weens ‘n brandstoftekort by die plaaslike depot.
Dit het beteken dat bykans geen werk vir maande op provinsiale grondpaaie gedoen is nie.

‘n Bron sê dit is nie ‘n geval van daar’s nie geld nie, maar eerder ‘n geval van die geld lê onaangeraak weens die regering wat sloer met tenders.

“Ons wag al vier jaar dat kontrakte toegeken word op die twee afsonderlike tenders vir padtekens en padmerke.”

gerhard@mobserver.co.za

Back to top button