News

‘Wat doen jy as daar ’n mes teen jou bors is?’

’n Jong man is Woensdagmiddag, helder oordag in Proteastraat in sy motor oorval nadat rowers die pad versper het.

Gavin Gerber (22) was van Hendrina op pad na die Oribi Dierekliniek in Kanonkop. Hy moes sy vriendin se hondjie, wat in Hendrina deur boewe gif ingegee is, by die veearts gaan optel.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/8042/honde-byt-jakkals-dood/

Tussen die Meyer- en Lilian Ngoyistraat verkeersligte in Proteastraat, het Gavin gesien hoe iemand kratte voor hom in die pad gooi.

Hy het stadiger gery om ’n botsing met die kratte te vermy. Dit was net na 15:30.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/60417/skoolseun-steek-14-jarige-met-mes/

Soos blits was daar ’n man langs hom wat deur die oop venster met ’n mes na hom gesteek het. Gavin het dood gestop en sy deur probeer oopmaak.

Die rower het daarna die mes teen sy bors gedruk. Twee ander rowers het sy motor omsingel en die passasierdeur en kattebak oop geruk.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/31266/deurrukker-kom-moses-tee/

Die rowers het sy beursie, selfoon, die motor se spaarwiel, gereedskapstukke asook die domkrag gegryp. Hulle het die spaarwiel en gereedskap laat val in die weghardloop.

“Ek was lam van die skrik toe ek hoor wat gebeur het,” sê Gavin se ma Leona.

Sy sê dat haar kind se hemp aan flarde gesny is, maar dat die rower hom genadiglik nie raak gesteek het nie.

 

Ander nuus:

Vrou het visioen van ongeluk – sterf later

Meningspeiling – Dalk geen meer Classic Clashes

Dwelmverslaafde tronk toe gestuur

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button