News

VIDEO: Is daar skote met bakleiery by Tracers geskiet?

Ooggetuies hou vol dat daar skote tydens ’n bakleiery by Tracers kroeg afgevuur is en dat dit vir een of ander rede onder die mat ingevee word.

Die voorval herinner sterk aan ’n vorige voorval waartydens Nick van der Westhuizen skote op Jakes Joubert afgevuur het. Die voorval is op video vasgevang.

’n Ooggetuie van die mees onlangste voorval het vertel dat daar ’n bakleiery in die kroeg was. Hy het een van die mans herken as Peet Bothma maar nie geweet wie die ander party betrokke was nie.

Kyk: Video – Inbrekers in Tracers

Bothma het glo na sy kar gestorm en kort nadat hy teruggekeer het, ’n wapen op ’n ander man gerig. Die man het daarna glo probeer om die wapen uit Bothma se hand te klap.

Die ooggetuie vertel dat daar ten minste drie skote afgegaan het voordat Bothma se vuurwapen uit sy hand geklap en oor die kroegtoonbank getrek het.

Kyk: Video – Dalk kriminele klagtes teen mans wat jongman kort voor selfmoord aanrand

’n Ander ooggetuie het vertel dat sy gesien het hoe Bothma ’n vuurwapen uit sy kar gaan haal en toe daarmee terug is kroeg toe.

 

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/?p=15449

 

Bothma het aan www.mobserver.co.za gesê dat hy homself in ’n vuisgeveg verdedig het en dat vyf mans hom daarna getakel het.

Hy beweer dat hy sy wapen self oor die toonbank gegooi het nadat hy gehoor het hoe een van die mans skree ‘Vat sy wapen!’ Hy is daarna katswink geslaan.

Hy beweer dat hy die wapen heel nag aan hom gedra het en dit nie in die kar gaan haal het nie. Mense het nadat hy sy bewussyn herwin het, aan hom vertel dat ’n skoot afgegaan het.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/?p=18894

Die eienaar van die kroeg, Isabel Rabie, ontken dat daar enige skote afgevuur is.

Mev. Rabie se kêrel Brakkies, wat met Bothma bevriend is, het gesê dat sy magasyn nog vol was na die voorval. Hy het ook gesê dat mense maklik ’n bierbotteltjie wat ontplof met ’n geweerskoot kan verwar.

Kyk hier na ‘n video van die vorige skietvoorval by Tracers:

 

Ander nuus:

Meningspeiling – Dalk geen meer Classic Clashes

Dwelmverslaafde tronk toe gestuur

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button