News

Dalk Audi van polisieman se kaping?

’n Inwoner van Middelburg wonder of ’n Audi wat gestop en nommerplate afgehaal het, nie dalk te doen het met die kaping van die welbekende polisieman, adj. Wimpie Botha, nie.

Adj. Botha is Sondag, terwyl hy oppad terug was van ’n misdaad toneel, gekaap en in beide sy kuite geskiet toe hy nie vir sy aanvallers geld kon gee nie.

Hy sterk tans aan in die Life Cosmos Hospitaal.

Daar is in die Dinsdag uitgawe van die Middelburg Observer berig oor adj. Wimpie Botha se kaping.

Die motoris, mnr. Reghard Botha, sê hy het laat verlede week die dorp ingekom vanaf die Vandyksdrifpad.

By die Mandela/Keiskamma kruising het ’n silwer Audi en ’n bakkie langs die pad, naby die stopstraat gestop.

Adj. Wimpie Botha

Twee mans het uit die silwer Audi geklim en die nommerplate afgehaal.

Terwyl hy verby gery het, het hy gesien dat daar twee vrouens in die dubbelkakuit bakkie gesit het, wat saam met die Audi daar gestop het.

“Dit was vir my baie verdag dat hulle die Audi se nommerplaat afgehaal het. Ek weet nie of dit dalk verband kan hou met Wimpie se voorval nie. Dalk is daar iets of dalk nie…”

 

Ander nuus:

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button