Hawelose wie se arm afgeruk is, is vermoor – arm steeds weg
Die hawelose wat langs die Klein Olifantsrivier gekry is met ’n arm wat afgeruk is, is vermoor, glo mense wat hom goed geken het.
Die arm is na meer as ’n week nogsteeds weg.
Wonde aan sy liggaam dui aan dat hy waarskynlik ook gemartel is.
Me. Marietjie du Plooy wat die man as Willem Janse van Rensburg uitgeken het sê hy was so sterk soos ’n bees.
Sy en me. Laura Prince het saam met pastoor Jannie Jacobs (Oorwinnaars) Dinsdag vir Willem positief gaan uitken.
Dit het intussen aan die lig gekom dat die saak so swak deur die polisie ondersoek is dat daar na sy naasbestandes gesoek is en probeer is om sy identiteit te bepaal, terwyl sy identiteitsdokument al die tyd in sy sak was.
Verskeie bewysstukke soos ’n mes en kartondose wat met bloed besmeer was, is net so op die toneel gelos.
Mnr. Janse van Rensburg was ’n polisie informant en daar is betroubaar verneem dat hy veral inligting aan die polisie verskaf het oor dwelmhandelaars en dwelmgebruikers.
Hyself was verslaaf aan kodeïene (pynpille) Stilpane en Adco Dols.
Hy word Maandag begrawe.
• Intussen is daar kommer op die dorp oor nog ’n dwelmslaaf wat al vir weke nie op die dorp gesien word nie, kort nadat hy twee bekende polisiemanne by ’n dwelmhuis betrap het in die vroeë oggendure.
Ander nuus:
VIDEO: Man wat lyk vind vertel
Kragdraad skok 38 skape dood, Eskom sê dis natuurramp
Jong boer ontduik misdaad statistiek met vinnige optrede
Trane soos riviere by prysuitdeling
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.