News

Seun sterf na val van bakkie

Skokgolwe het Maandagaand deur Middelburg getrek, nadat ’n jong seun van ’n bakkie afgeval en later beswyk het.

Henko Booysen (13), ’n graad agt leerling van Hoërskool Kanonkop, is dood nadat hy van ’n bakkie afgeval en ernstige kopbeserings opgedoen het.

Die voorval het Maandagmiddag omstreeks 17:17 in Steve Bikostraat plaasgevind.

Henko en ’n jonger vriend het agterop die bakkie gesit toe die voorval op ’n skerp draai plaasgevind het.
Die presiese gebeure is egter steeds baie vaag.

Mnr. Martin Fourie, hoof van Hoërskool Kanonkop, het Dinsdag gesê dat Henko hom eers onlangs by die skool aangesluit het, nadat hy sy eerste kwartaal op hoërskool aan HTS Middelburg voltooi het.

“Hy was ’n baie stil leerling wat vinnig vriende gemaak het. Leerlinge en personeel was erg geskok om van sy dood te verneem.”

Finale begrafnisreëlings moet nog getref word.

 

Ander nuus:

Jong vroue en mans aan die voorpunt van Stop Plaasmoorde

Trane soos riviere by prysuitdeling

Geliefe aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om die ondraaglike draagliker te maak 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

Back to top button