News

Trane soos riviere by prysuitdeling

Die trane het soos ’n rivier in vloed gevloei met ’n staande ovasie wat aangehou en aangehou, tydens Laerskool Middelburg se prysuitdeling Dinsdagaand.

Daar was toekennings soos getroue skoolbesoek, padpatrollie, beste redenaar en so meer…

Maar Laerskool Middelburg het ’n toekenning aan ’n welverdiende tenger Graad 3 knapie oorhandig.

‘Vasbyter van die Jaar’ – en klein Juvan Hefer (9) byt soos ’n waffers boerboel aan die lewe vas.

Kyk: VIDEO – Koedoekoppe wen kaalvoet derby

Juvan is in Junie gediagnoseer met leukemie.

Die knapie het saam met die Middelburg Observer Woensdagoggend ’n verrassings ‘sneak attack’ op sy skoolhoof, mnr. Gerrie van der Mewe en klasmaats, uitgevoer om sy dank te betuig.

 

 

 

Sy besoek het die ganse skool tot stilstand gebring en nodeloos om te sê het die trane vrylik geloop.

Lees meer oor die dapper klein mannetjie in Vrydag se Middelburg Observer.

Back to top button