News

Kleuterskool faktotum in hof oor beweerde dade met kinders

Suid-Afrika laat sak jou kop in skaamte! Die plek waar kinders veilig moet voel het die jagveld geword vir seksmisdadigers: Skole.

’n Man (42) het in die streekhof op Groblersdal verskyn, nadat hy na bewering twee kinders by ’n kleuterskool, seksueel aangerand het.

Hy het as faktotum by ’n kleuterskool op Marble Hall gewerk, waar die kinders ook was, maar is intussen daar weg.

Die kinders was twee jaar oud tydens die beweerde voorval.

Lees: Onnie onder wolk by skool weg

Hy mag nie geïdentifiseer word voordat hy nie gepleit het nie.

Die saak is uitgestel tot ’n latere datum.

•Die land is ’n paar weke gelede geskok, nadat ’n sekuriteitswag by ’n Soweto skool aangekeer is, nadat 87 laerskool kinders na bewering seksueel aangerand is.

•Verskeie voorvalle waar kinders deur onderwysers seksueel aangerand en verkrag is het die jaar al plaasgevind.

•By HTS Middelburg is ’n onderwyser vroeër die jaar onder ’n wolk weg na ’n beweerde onbehoorlike verhouding met twee meisies.

•Intussen maak die hofsaak waar ’n ouerpaar op Middelburg tereg staan op klagtes van seksuele aanranding, verkragting en verwaarlosing, steeds opslae.

Honderde lesers van sover as Namibië het by www.mobserver.co.za navraag gedoen of hulle nie die drie kinders kan aanneem nie.

Ander nuus:

Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding

Eskom power cuts the whole town

Weather for the week

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button