CrimeUpdate

Video: 14 Motorfietse al in bosse versteek

Motorfietsspore wat in die afgelope twee maande op die munisipale grond langs Hoërskool Middelburg se plaas gevind is, dui daarop dat daar al 14 motorfietse versteek is.

Mnr. Sam Weller se twee veldmotorfietse is pas in die bosse op dié grond gevind, net etlike ure nadat dit by sy huis in Kanonkop gesteel is.

Daar is op die toneel gesê dat sy motorfietse op presies dieselfde plek gekry is waar mnr. Jakes Joubert se motorfiets twee maande gelede gekry is. Dit was egter heeltemal uitmekaar gehaal.

 

Verder is gemeld dat hulle in die laaste twee maande spore van sowat 14 motorfietse op die plaas gekry het, maar dat die motorfietse reeds weg was as hulle daar gekom het.

Lees ook: Twee motorfietse teruggekry

Dominee se geliefde hond vergiftig

Terwyl die polisie en www.mobserver.co.za besig was om met mnr. Weller te praat oor die diefstal, het lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en reaksielede van Middelburg 911 die plase in die omgewing gefynkam.

In hierdie selfde tyd is die twee motorfietse, goed versteek tussen die bosse gevind.

Van die lede het gemeld dat hulle die plekke gekry het waar die drade geknip is om die motorfietse deur te stoot.

Lees ook:

Rowers probeer motorfiets steel

Motorfietse in Mosambiek gekry

Langs die motorfietse is daar kraggereedskap asook ’n kantsnyer gevind wat uit mnr. Weller se motorhuis gesteel is.

• Mnr. Weller bedank al die lede wat saamgewerk het om sy motorfietse so blitsig te vind.

• Gister is daar is Big Boy Pit veldmotorfiets by die Taljaards in Jakarandastraat (Kanonkop) gesteel. Soos in die geval van mnr. Weller, is die motorhuis ook oopforseer.

Twee honde van die Taljaards se honde is sowat vyf weke gelede vergiftig.

 

In hierdie selfde tyd is daar nóg twee honde in die onmiddellike omgewing vergiftig, sodat die booswigte nie gepla sou word as hulle die motorfietse steel nie.

• In die tyd wat die Taljaards se motorfiets gesteel het, was die booswigte ook in die erf van hul bure, mnr. Gerald van Niekerk. Hy het wakker geword van sy hondjie se geblaf in die huis en uitgeloer by sy eetkamervenster, waarop die booswigte net etlike treë vanaf hom af verby gesluip het.

Lees ook: Honderde gesteelde motorfietse in Mosambiek

Hy het die alarm geaktiveer en hulle het weer oor die muur gespring en weggehol.

Die volgende oggend het hy verneem dat die booswigte die bure se motorfiets gesteel het. Spore het gewys dat die diewe ook by sy buurman aan die anderkant se erf was.

• Vanaf 8 tot 27 Augustus is daar al 18 honde vergiftig. In die meeste gevalle het motorfietsdiefstalle gevolg.

Back to top button