News

Motorfiets en fietse vanoggend gesteel

Inbrekers het vanoggend in die vroeë oggendure ’n motorfiets en drie splinternuwe fietse gesteel.

Me. Hermien Gouws sê hulle is omstreeks 04:00 gewek met die geblaf van die hond.

Kort daarna is hulle na buite, waar hulle gemerk het dat die motorhuis oopstaan en dat die palissadehek ook oopgeskuif is.

Hulle het dadelik gesien dat haar seun, Thinus, se swart 750cc Suzuki GSXR Ruzzla motorfiets (registrasienommer FKR790) weg is. Met nadere ondersoek is gevind dat drie nuwe Raleigh fietse, wat hulle net verlede week gekoop het, ook skoonveld is.

Me. Gouws glo die booswigte is gepla, aangesien hulle gereedskap by die ingang van die motorhuis neergesit het, wat hulle waarskynlik kort daarna ook wou gaan haal.

As enige persoon die motorfiets dalk iewers opmerk, bel me. Gouws by 083 702 2226.

• Sowat ’n maand gelede is die Venters, wat oorkant hulle bly, se skaaphondjie, Lexi, vergiftig en hulle glo die boewe het die hond vergiftig om later in die omgewing in te breek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button