News

VIDEO: Man klou verbete aan motoris se enjinkap

’n Motoris het Dinsdagmore op ’n vreemde wyse weer kontak gemaak met ’n ou skoolvriend toe die vriend skielik op die enjinkap van ’n ander motoris verby hom ry.

Mnr. Donovan Barnard, eienaar van die plaaslike ChesaNyama restaurant sê dat hy sy skoolvriend tien jaar laas gesien het en toe skielik weer Dinsdagmore op die enjinkap van ’n wit motor.

Hy sê dat sy vriend in ’n ligte botsing met ’n ander motoris was en dat die motoris van die toneel af wou wegry.

Dis toe dat sy vriend op die man se enjinkap spring en saamgery het, totdat mnr. Barnard daarin kon slaag om die motoris met sy bakkie van die pad af te dwing.

Mnr. Barnard ken sy vriend net as Tommy.

Die betrokkenes is tans by die polisiestasie om verklarings af te lê.

Back to top button