News

VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie

Inwoners het in massas opgeruk na die Platform Reunie Saterdag, en Middelburg se bo 30's het gewys dat hulle steeds kan feesvier soos in hul 20's.

Meer as 1000 besoekers het die aand geniet, met “goue oues, van die vroeë 90’s, tot langarm, en Rock” – Alles waaraan Platform gaste gewoond was.

Ou vriende, wat mekaar jare laas gesien het, het herontmoet tydens een van Middelburg se grootste partytjies van die jaar.

Die aand is aangebied in samewerking met Event City.

Die bierglase was deurlopend vol, en die Shooters het gevloei. Die laservertoning het besoekers gaande gehad, en veteraan motors is ingespan.

Lees ander nuus hier:

Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken

 

Back to top button