News

O ‘Krokke’-waan laat my staan….

O brandewyn...'hik'....'krokke'-waan....'hik'.....likkewaan laat my staan!

Het ‘n ‘krokke’-waan dalk ‘n slukkie bakleiwyn ingekry, want die sjissende gedierte, van meer as ‘n meter lank, het mense behoorlik skrik op die lyf gejaag.

Die likkewaan was só kwaai dat die Dierebeskermingsvereniging al hul dae gehad het om hom te vang en uiteindelik later weer los te laat.

Die moeilikheid het begin toe Rose Mahlangu Vrydag omstreeks 15:00 klaar was met haar werk by die Smith-gesin in Sondagsrivierstraat.

Rose was besig om die huis te sluit, toe sy ‘n vreemde geluid agter die wynkabinet hoor.

Met nadere ondersoek het sy gesien die likkewaan klim agter die kas teen die muur op.

Haar werkgewer, me. Edna Smith, wat op daardie stadium gehelp het by die atletiekbyeenkoms by HTS Middelburg, is gebel.

Al wat me. Smith kon uitmaak is Rose se snikke en: “Crocodile! Crocodile!”

Die huishulp het gedink dit is 'n krokodil toe sy hom agter die wynkas in die sitkamer sien.
Die huishulp het gedink dit is ‘n krokodil toe sy hom agter die wynkas in die sitkamer sien.

Me. Smith het haar man, Willie, gebel en gesê dat hy vir Rose moet bel sodat een van sy werknemers met haar praat om te probeer uitmaak wat aangaan.

Die antwoord was dieselfde. Daar is ‘n “crocodile-like” gedierte in die huis.

Mnr. Smith het eers vir slangvanger Victor Boshoff gebel, maar hy was uitstedig en hulle het die Dierebeskermingsvereniging se hulp ingeroep.

Senior-inspekteur Petro Oberholzer en ‘n kliënt van die DBV het opgedaag, maar hierdie “krokke”-waan laat hom nie sommer net vang nie. Dit het al hul vernuf gekos om die blasende, bakleiende likkewaan vas te trek.

• Die likkewaan is dieselfde dag weer vrygelaat.

Lees ander stories hier:

Skoolhoof as seekat geteken

Gaan ons water vanaf Witbankdam kry?

Mhluzi headmaster allegedly paralyses 14 years old

River staan, dam sak!

Back to the 60’s for 90 year old Joe

Back to top button