News

Gaan ons water vanaf Witbankdam kry?

Riemtelegramme op Facebook dat water vandag dalk al vanaf Witbankdam na Middelburgdam herlei gaan word, is beslis nie waar nie.

Witbankdam is vol, maar Middelburgdam staan tans op 47.01%.

Van gisteraand af is daar al ’n bespreking op Facebook dat daar vandag water herlei sal word vanaf die Witbankdam.

Volgens mnr. Rudolph Bouwer (Adjunkdirekteur, Siviele Ingenieursdienste) is dit beslis net riemtelegramme.

Hy het gemeld dat die munisipale bestuurder van eMalahleni, mnr. Theo van Vuuren, voorgestel het dat daar moontlik “gekyk kan word daarna.”

Konsultante het reeds begin met vlakbeheer by die Witbankdam omdat die dam so vol is.

Mnr. Bouwer sê daar is egter geen manier dat water net herlei kan word vanaf dié dam na Middelburg nie.

“Ons sal self die water moet pomp van daar af en dit beteken dat daar eers na die begroting gekyk moet word. Die waterkwaliteit van Witbankdam is weens die hoë waterinvloei ook nie baie goed nie. Ons sal seker ná vandag weet wat besluit gaan word.”

Lees ander nuus hier:

Mhluzi headmaster allegedly paralyses 14 years old

River staan, dam sak!

Back to the 60’s for 90 year old Joe

Back to top button