News

Gesoekte vrou pleeg selfmoord na polisie toeslaan

'n Vrou wat al vir meer as twee jaar as voorvlugtende vir die polisie wegkruip, het oor die naweek selfmoord gepleeg toe die polisie op haar toeslaan.

Madeleine Lombard, wie se laaste bevestigde adres in Middelburg was, het in Port Elizabeth se gespesialiseerde hof vir kommersiële misdrywe, skuldig gepleit op bedrog nadat sy haar valslik as ‘n finansiële adviseur voorgedoen het en iemand uit R200 000 bedrieg het.

Sy het egter nooit vir haar volgende hofverskyning, waarin sy gevonnis sou word, opgedaag nie.

In Junie het die Valke ‘n persverklaring uitgestuur wat ook in die Middelburg Observer gepubliseer is waarin hulle vra vir inligting oor me. Lombard, wat ook die vanne Bester en Kruger gebruik het.

Lede van die Valke het oor die naweek inligting ontvang dat me. Lombard haar op ‘n kleinhoewe naby Centurion bevind.

‘n Opsporingspan is soontoe om na haar te gaan soek.

Kort nadat die polisie egter vir me. Lombard en haar man opgespoor het, het sy haarself in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Die vuurwapen was nie in haar naam geregistreer nie en behoort aan iemand wat reeds in 2009 dood is.

Back to top button